For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Teseus.

Teseus

Teseus en Etra, deur Laurent de la Hyre.
Teseus en die Minotourus.

Teseus (Grieks: Θησεύς) was in die Griekse mitologie die legendariese koning van Athene, die seun van Etra. Sy pa's was Egeus en Poseidon, wat albei in een nag by Etra geslaap het.

Vroeë jare

[wysig | wysig bron]

Egeus het getrou met Etra, die dogter van koning Pitteus van Troezen, ’n stadjie suidwes van Athene. Op hulle huweliksnag het Etra deur die see geloop na die eiland Sfairia en daar geslaap by die god van die see, Poseidon. Die mengsel van semen het ’n seun tot gevolg gehad wat halfgod, halfmens was. (Sulke dubbele vaderskappe, die een sterflik en die ander onsterflik, was ’n bekende eienskap van die Griekse helde.)

Toe Etra swanger raak, het Egeus besluit om na Athene terug te keer. Voor hy weg is, het hy egter sy sandale en swaard onder ’n groot rots begrawe en vir haar gesê dat wanneer hulle seun groot genoeg is, moet hy die rots wegskuif as hy heldhaftig genoeg is, en die items vir hom vat as bewys van sy koninklike herkoms. In Athene het Medea, wat uit Korinthe gevlug het nadat sy haar en Jason se kinders doodgemaak het, sy nuwe metgesel geword.

Teseus het dus by sy ma grootgeword. Toe hy groot was, het hy die rots weggeskuif en die items gekry wat sy pa daar begrawe het. Sy ma het vir hom die waarheid oor sy pa vertel en gesê hy moes die wapens terugneem na die koning en sy geboortereg opeis. Om in Athene te kom, kon Teseus een van twee roetes volg: ter see, wat die veilige roete was, of op land met ’n gevaarlike pad langs waar hy ses ingange tot die onderwêreld sou teenkom wat elk bewaak is deur vyande soos diewe en rowers. Hy was jonk en dapper, en daarom het Teseus besluit om alleen op land na Athene te gaan. Op sy pad het hy talle rowers verslaan.

Toe Teseus in Athene aankom, het hy nie sy ware identiteit dadelik bekend gemaak nie. Eindelik het Egeus sy seun herken toe hy die sandale en swaard sien.

Die Minotourus

[wysig | wysig bron]

Nadat Minos die troon van Kreta bestyg het, het hy met sy broers gestry oor die reg om te regeer. Minos het vir Poseidon gevra om vir hom ’n sneeuwit bul te stuur as ’n teken van sy goedkeuring. Hy moes die bul aan Poseidon offer, maar het besluit om dit eerder te hou omdat dit so mooi was. Om hom te straf het Poseidon Pasifaë, Minos se vrou, laat verlief raak op die bul. Sy het Daidalos gevra om vir haar ’n houtkoei te maak waarin sy toe geklim het om met die bul te paar. Hul kind was ’n monster, die Minotourus. Hy het later wild en boosaardig geword en Minos het Daidalos gevra om ’n labirint te ontwerp waar die Minotourus gehou is.

Minos se seun is later deur die inwoners van Athene doodgemaak (of deur die Kretensiese Bul wat Egeus hom gevra het om dood te maak). Minos het oorlog teen die Atheners verklaar om sy seun se dood te wreek en het gewen. Hy het daarna geëis dat sewe jong mans en sewe jong vroue van Athene elke nege jaar aan die Minotourus geoffer word. Om ’n einde te bring aan dié offerandes, het Egeus vir Teseus gestuur om die Minotourus dood te maak.

In Kreta het Ariadne, Minos se dogter, op Teseus verlief geraak en hom gehelp om die Minotourus dood te maak.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Theseus

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Teseus
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?