Foibe
Foibe (Grieks: Φοίβη) was in die Griekse mitologie ’n Titaniese godin wat gewoonlik met die maan verbind is. Sy was die dogter van Uranos en Gaia en die metgesel van haar broer Koios. Hulle het twee dogters gehad: Leto, die moeder van Artemis en Apollo, en Asteria, die moeder van Hekate.[1]
Verwysings
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Eksterne skakels
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.