For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Minotourus.

Minotourus

Theseus aan die veg met die Minotourus, bronsbeeld deur Antoine-Louis Barye (Louvre).

Die Minotourus of Minotaurus (Grieks: Μῑνώταυρος; Minotauros) was in die Griekse mitologie ’n kreatuur met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man,[1] of soos deur Ovidius beskryf, "half man; half bul".[2] Hy is aangehou in die Kretensiese Labirint, ’n soort doolhof [3] wat vir dié doel vir koning Minos van Kreta gebou is. Dit is uiteindelik deur Theseus, die seun van Aigeas, doodgemaak.

Geboorte en voorkoms

Nadat hy die troon van Kreta bestyg het, het Minos met sy broers gestry oor die reg om te regeer. Minos het vir Poseidon gevra om vir hom ’n sneeuwit bul te stuur as ’n teken van sy goedkeuring. Hy moes die bul aan Poseidon offer, maar het besluit om dit eerder te hou omdat dit so mooi was. Om hom te straf het Poseidon Pasiphaë, Minos se vrou, laat verlief raak op die bul van die see, die Kretensiese Bul. Sy het die argitek Daidalos gevra om vir haar ’n houtkoei te maak, waarin sy toe geklim het om met die bul te paar. Hul kind was ’n monster, die Minotourus. Hy het later wild en boosaardig geword en Minos het die labirint laat bou om hom binne te hou.

In die klassieke kuns word die Minotourus gewoonlik uitgebeeld met die lyf van ’n man en die kop en stert van ’n bul. Later is hy ook soms uitgebeeld met die lyf van ’n bul en die kop van ’n man. Dié voorstelling word soms steeds aangetref, soos in Steele Savage se illustrasies vir Edith Hamilton se Mythology (1942).

Theseus

Minos se seun is later deur die inwoners van Athene doodgemaak (of deur die Kretensiese Bul wat koning Aigeus van Athene hom gevra het om dood te maak). Minos het oorlog teen die Atheners gevoer om sy seun se dood te wreek en het gewen. Om ’n einde te bring aan die offerande van jong Atheners aan die Minotourus het Aigeus sy seun, Theseus, gestuur om die Minotourus dood te maak.

In Kreta het Ariadne, Minos se dogter, op Theseus verlief geraak en hom deur die labirint gelei, waar hy die Minotourus doodgemaak het.

Verwysings

  1. "Minotaur" by dictionary.reference.com
  2. semibovumque virem; semivirumque bovem, volgens Ovidius, Ars Amatoria 2.24
  3. Labirinte het nie doodloopgangetjies soos ’n doolhof nie, maar ’n enkele paadjie wat met draaie na die middel lei. Sien Kern, Through the Labyrinth, Prestel, 2000, hoofstuk 1, en Doob, The Idea of the Labyrinth, Cornell University Press, 1990, hoofstuk 2.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Minotaur
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Minotourus
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?