For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Peleus.

Peleus

Peleus laat Achilles in Chiron se sorg, deur die Edinburg-skilder, omstreeks 500 v.C., (Nasionale Argeologiese Museum, Athene)

Peleus (Grieks: Πηλεύς) was ’n held in die Griekse mitologie en die pa van Achilles. Hy was die seun van Aiakos, die koning van Aigina en Endeïs. Hy en sy broer Telamon was vriende van Herakles en was in sy ekspedisie teen die Amasones, sy oorlog teen koning Laomedon, en saam met hom in sy soektog na die Heilige Graal.

Mite

Peleus en Telamon het hul halfbroer Phokos doodgemaak, waarskynlik in ’n jagongeluk,[1] en het gevlug om straf vry te spring. In Phthia is Peleus deur Eurytion gereinig vir Phokos se dood. Hy is daarna met Antigone, Eurytion se dogter, getroud. Peleus het Eurytion egter per ongeluk tydens ’n jagtog doodgemaak en van Phthia weggevlug.

Peleus met sy bruid Thetis, bord van omstreeks 500–475 v.C.

Hy is in Iolkos deur Akastos gereinig vir die dood van Eurytion. Astydameia, Akastos se vrou, het verlief geraak op Peleus, maar hy het haar weggewys. Uit vergelding het sy ’n boodskap na Antigone gestuur dat Peleus met Akastos se dogter gaan trou; waarop Antigone haarself hang.

Daarna het Astydameia vir Akastos vertel dat Peleus haar probeer verkrag het. Hy het Peleus saam op ’n jagtog geneem, sy swaard weggesteek en hom alleen gelos net voor ’n aanval deur ’n groep sentoure. Chiron, die wyse sentour (of Hermes, volgens ’n ander bron), het Peleus se swaard teruggegee en Peleus het ontsnap.[2] Hy het Iolcus geplunder en Astydameia se ledemate afgekap, en toe sy leër oor die ledemate laat marsjeer.

Ná Antigone se dood is Peleus met die seenimf Thetis getroud en by haar het hy Achilles gehad. As trougeskenk het Poseidon vir Peleus twee onsterflike perde gegee: Balios en Xanthos. Hul bruilof was egter ook die begin van die rusie wat gelei het tot die Oordeel van Paris en eindelik die Trojaanse Oorlog.

Achilles

Thetis het haar seun onkwesbaar probeer maak. Sy het hom in die Styx-rivier gedompel en sy hele lyf het onkwesbaar geword, behalwe waar sy hom aan sy haksteen vasgehou het (vandaar die uitdrukking "Achilleshiel" vir iemand se grootste swak punt). Peleus het Achilles daarna vir die sentour Chiron gegee om groot te maak.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Peleus
  1. Apollonius, Argonautica, I. 93
  2. Aristophanes, Die Wolke, 1063–1067.

Bronne

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Peleus
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?