Selene
Selene | |
---|---|
![]() ’n Standbeeld van Selene in Rome
| |
Naam | Selene |
Godin van | die Maan |
Blyplek | Hemel |
Simbole | Sekel, opgewekte kleed, bul, haan, hond en fakkel |
Man | Endumion |
Ouers | Huperion en Teia |
Broers, susters | Helios en Eos |
Kinders | Vyftig dogters by Endumion; Pandia en Ersa by Zeus |
Romeinse eweknie | Luna |
Selene (Grieks: Σελάνα of Σελήνη) was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Sy was die verpersoonliking van die Maan.
Selene was die dogter van die Titane Huperion en Teia (Hesiodus) of Eurufaissa (Homeros) en die suster van Helios (Son) en Eos (Daeraad). Die drie se name was ook die algemene Griekse name vir maan, son en daeraad.
Haar eweknie in die Romeinse mitologie was Luna.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Selene
Eksterne skakels
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.