For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Persefone.

Persefone

Persefone
Griekse godin
Persefone, deur Carl Max Kruse.
Persefone, deur Carl Max Kruse.
Naam Persefone
Godin van Die lente
Blyplek Griekse onderwêreld
Man Hades
Ouers Zeus en Demeter
Romeinse eweknie Proserpina

Persefone of Persephonê was in die Griekse mitologie die verpersoonliking van die Aarde se vrugbaarheid en ook die godin van die onderwêreld. Sy was die dogter van Demeter alleen, of later van Demeter en Zeus. In die Olimpiese weergawe word sy die vrou van Hades (die onderwêreld).

Persefone is vandag ’n bekende figuur en haar verhaal is vol emosie: ’n onskuldige meisie, ’n moeder se hartseer oor haar ontvoering, en groot vreugde wanneer die dogter terugkeer. Dit verduidelik ook die kom en gaan van die seisoene.

Persefone en Demeter

Hades (die god van die onderwêreld) ontvoer Persefone terwyl sy saam met haar ma, Demeter, blomme pluk en neem haar as vrou. Demeter mis haar baie en vervloek die land, wat ’n groot droogte tot gevolg het. Daarna pleit sy by Zeus om haar dogter terug te bring.

Zeus stuur Hermes om dit te doen, maar Hades gee vir Persefone ses granaatsade om te eet en daarom moet sy ses maande van die jaar in die land van die afgestorwenes bly. Die ander ses maande kan sy op Olimpus woon saam met haar familie. Terwyl sy in die onderwêreld is, mag sy niks anders eet nie, anders sal sy dit nie weer kan verlaat nie. Vir die ses maande van haar afwesigheid, terwyl Demeter treur, keer die droogte (herfs en winter) terug.

Persefone en Adonis

Afrodite was Adonis se minnares en surrogaatma. Sy het Mirra gevra om bloedskande te pleeg met haar pa, Teias, die koning van Smirna of Sirië. Mirra het in die donker by haar pa geslaap en toe Teias eindelik die bedrog ontdek, jaag hy sy dogter met ’n mes. Mirra vlug en Afrodite verander haar in ’n mirreboom. Nadat Teias ’n pyl in die boom in geskiet het (of ’n beer die boombas met sy tande geskeur het), is Adonis uit die boom gebore.

Afrodite sit Adonis toe in ’n boks en neem hom na Hades sodat Persefone vir hom kan sorg. Adonis word ’n uiters aantreklike man en Afrodite gaan hom eindelik haal. Persefone wil hom egter nie teruggee nie en die twee godinne begin so baklei dat Zeus tussenbeide moet tree. Hy verklaar dat Adonis ’n derde van die jaar by Afrodite sal bly, ’n derde van die jaar by Persefone en die ander derde by wie hy wil. Natuurlik kies hy vir Afrodite.

Toe Adonis tydens ’n jagtog sterf, gaan hy terug na die onderwêreld, waar Persefone verheug is om hom te sien. Eindelik besef Afrodite waar hy is en haas haar na die onderwêreld om Adonis te gaan haal. Die twee godinne stry weer so erg dat Zeus tussenbeide moet tree. Dié keer gee hy Adonis vir ses maande van die jaar aan Afrodite en die ander ses maande van die jaar aan Persefone.

Sien ook

Verwysings

  • Burkert, Walter, Greek Religion 1985
  • Kerenyi, Karl, Eleusis: Archetypal Image of Mother and Daughter, 1960
  • Zuntz, Günther, Persephone: Three Essays on Religion and Thought in Magna Graecia, 1973
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Persefone
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?