For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Uranos.

Uranos

Uranos
Griekse oergod
Uranos en Gaia op ’n masaïekwerk
Uranos en Gaia op ’n masaïekwerk
Naam Uranos
God van Die lug
Vrou Gaia
Ouers Gaia of
Eter en Gaia of
Eter en Hemera of
Nyx[1]
Broers, susters Pontos en die Ourea
Kinders Die Titane, die siklope, Meliai, die Eriniërs, die gigante, die Honderdhandiges, Afrodite
Romeinse eweknie Caelus

Uranos (Grieks: Οὐρανός) of Uranus was in die Griekse mitologie ’n oergod (Lug) en die man van Gaia (Aarde). Hulle was die voorouers van die meeste van die Griekse gode, maar hy het geen bekende kultus gehad nie[2] en word nie dikwels in die Griekse kuns uitgebeeld nie.

Mite oor die skepping

Volgens Hesiodus was Chaos die begin van die godewêreld, die leemte waaruit die hele heelal voortgekom het. Uit Chaos het Gaia, Hemera, Nyx, Tartaros, Uranos, Hades, Chronos, Erebos en Eter ontstaan.

Uranos het elke nag gekom om die aarde te dek en met sy suster Gaia te paar, maar hy het die kinders gehaat waaraan sy die lewe geskenk het. Onder hulle was die reusagtige eenoogsiklope, toe die drie verskriklike honderdhandige reuse, elk met vyftig koppe. Uranos het die kinders in Tartaros versteek sodat hulle nie die lig sou sien nie, en hy was baie in sy skik met dié wrede daad. Gaia was hartseer en maak toe ’n sekel, roep haar ander seuns en vra hulle om hul pa te ontman. Net Kronos was dapper genoeg om dit te doen. Uit die semen of bloed wat op Gaia gespat het, het nog kinders ontstaan: die sterk Eriniërs, die Gigante en die boomnimfe die Meliae. Uit Uranos se genitalieë wat in die see gegooi is, het Afrodite te voorskyn gekom.

Nadat hy Uranos onttroon het, het Kronos weer die siklope en honderdhandiges in Tartaros gevange gehou. Uranos en Gaia het toe voorspel dat hy op sy beurt deur sy seun onttroon sou word.

Die planeet Uranus

Die antieke Grieke en Romeine het net vyf "wandelende sterre" (planete) geken: Mercurius, Venus, Mars, Jupiter en Saturnus. Ná die ontdekking van ’n sesde planeet in die 18de eeu is die naam Uranus gekies as die logiese naam: Mars (Ares in Grieks) was die seun van Jupiter, Jupiter (Zeus) die seun van Saturnus en Saturnus (Kronos) die seun van Uranos/Uranus. Wat vreemd is, is dat die ander name Romeins is in teenstelling met Uranus, wat van die Griekse Uranos afgelei is pleks van die Romeinse god Caelus.

Kinders

Die ontmanning van Uranos, muurskildering deur Giorgio Vasari en Cristofano Gherardi, omstreeks 1560 (Palazzo Vecchio).

Uranos het al sy kinders by Gaia gehad, buiten Afrodite, wat uit sy genitalieë ontstaan het nadat dit in die see gegooi is.

  1. die Siklope, eenoogreuse
    1. Brontes
    2. Steropes
    3. Arges
  2. die Honderdhandiges, reuse met honderd hande en vyftig koppe
    1. Briares
    2. Kottos
    3. Guges
  3. die Titane, die gode voor die Olimpiese gode
    1. Krios
    2. Koios
    3. Kronos
    4. Okeanos
    5. Huperion
    6. Iapetos
    7. Mnemosune
    8. Foibe
    9. Rea
    10. Tetis
    11. Teia
    12. Temis
  1. die Eriniërs, die wraakgodinne
    1. Alekto
    2. Megaira
    3. Tisifone
  2. die Gigante, die reuse
    1. Alkioneus
    2. Atos
    3. Klutias
    4. Enkelados
    5. Echion
  3. die Meliae, die esboomnimfe
  4. Afrodite


Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Uranus (mythology)
  1. "Uranus : Greek protogenos god of the sky ; mythology ; pictures : Ouranos" (in Engels). Theoi.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020.
  2. "Ons het nie gedink hulle is op enige manier waardig genoeg om te aanbid nie," het Karl Kerenyi namens die antieke Grieke oor die Titane gesê (Kerenyi, The Gods of the Greeks, 1951:20); "miskien met die enkele uitsondering van Kronos; en ook met die uitsondering van Helios."
  • Kerenyi, Carl, 1951. The Gods of the Greeks
  • Graves, Robert, hersiene uitgawe, 1960. The Greek Myths.

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Uranos
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?