For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Penelope (mitologie).

Penelope (mitologie)

Odusseus en Penelope, deur Francesco Primaticcio (1563).

Penelope (Grieks: Πηνελόπεια/Πηνελόπη) is ’n karakter in die Griekse mitologie. In Homeros se Odussee is sy die getroue vrou van Odusseus wat haar vryers aan ’n lyntjie hou tydens haar man se lang afwesigheid.

Rol in die Odussee

Penelope is die vrou van die hoofkarakter, Odusseus, die koning van Itaka. Sy het net een seun by hom, Telemachos, wat gebore is net voordat Odusseus in die Trojaanse Oorlog gaan veg het. Sy wag 20 jaar vir haar man om terug te keer – Oduseus veg tien jaar lank in die oorlog en reis daarna nog tien jaar lank. In dié tyd doen sy haar bes om die huweliksaansoeke van 108[1] vryers van die hand te wys.

Toe Odusseus eindelik terugkeer, vermom as ’n ou boemelaar, vind hy uit Penelope het getrou gebly aan hom. Sy het allerhande maniere uitgedink om haar vryers te laat wag. Een daarvan was om voor te gee sy spin ’n begrafniskleed vir Odusseus se bejaarde pa, en dat sy daarna tussen hulle sal kies. Drie jaar lank trek sy elke aand ’n stuk van die kleed los, totdat iemand haar verraai.

Ná die vermomde Oduseus se terugkeer kondig Penelope aan dat sy sal trou met wie ook al Odusseus se stram boog kan span. Natuurlik is Odusseus die enigste een wat dit regkry en hy wen die kompetisie. Daarna begin hy die vryers doodmaak.

Odusseus se identiteit is nou bekend, maar Penelope kan nie glo dis regtig haar man nie. Sy is bang dis die een of ander god wat hom soos Odusseus vermom het. Sy besluit om hom te toets en gee haar kamermeisie opdrag om die bed in hul slaapkamer te skuif. Odusseus sê egter dit kan nie gedoen word nie omdat hy self die bed gemaak het en die een poot ’n lewende olyfboom is. Eindelik aanvaar Penelope Odusseus se identiteit.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Penelope
  1. Homer. The Odyssey, Book XVI, in The Iliad & The Odyssey. Vert. Samuel Butler. p. 628. ISBN 978-1-4351-1043-4

Bronne

  • Finley, M.I. The World of Odysseus, Londen. Pelican Books (1962)
  • Atwood, Margaret. The Penelopiad – dit vertel die verhaal van Odusseus uit Penelope se oogpunt
  • Seth L. Schein, ed. (1996). Reading the Odyssey: Selected Interpretive Essays. Princeton University Press. ISBN 0-691-04440-6. ((cite book)): |author= has generic name (hulp)

Eksterne skakel

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Penelope (mitologie)
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?