For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Chaos (mitologie).

Chaos (mitologie)

Chaos (Grieks: Χαος, Khaos, "leegte") is in die Griekse mitologie die niks waaruit die eerste Griekse gode ontstaan het. Dit is ’n eindelose gat waarin alles val; nie na onder nie, want geen oriëntasie is moontlik nie, maar na alle kante toe. Uit hierdie uitgestrekte en duistere wanorde het orde ontstaan in die vorm van die Aarde. Die kinders van Chaos het saam met hul vader die berge, die see en die hemel geskep. Hulle het ook 12 Titane, 3 siklope en 3 reuse met honderd arms elk gemaak. Van die 12 Titane is Okeanos, Iapetos en Kronos die bekendste.

Volgens Theogonie

In Teogonie van Hesiodus word genoem dat die eerste bestaande objekte uit die niks van Chaos ontstaan het; sy kinders Nyx (die nag), Erebos (die duisternis), Eros (die liefde), Gaia (die aarde) en Tartaros (die onderwêreld). Volgens sommige bronne het die laaste twee gode egter onafhanklik van Chaos ontstaan.

Volgens Hesiodus het die skepping van lewe in die godewêreld op twee maniere geskied: óf deur seksuele interaksie óf deur deling. Dit is opvallend dat baie "slegte" gode, wesens en hul konsepte (dood, sarkasme, misleiding, ens.) in die Griekse mitologie gebore is op die laasgenoemde manier van voortplanting.

Volgens Metamorfoses

In Metamorfoses van Ovidius word Chaos beskryf as ’n ruwe, onverwerkte massa: leweloos, ongefatsoeneer en onaangepas. Die moderne betekenis van die woord "chaos" is dan ook "totale wanorde".

In Chaos was al die saad opgesluit wat later sou groei tot alle bestaande materie.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Chaos (Griekse mythologie)
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Chaos (mitologie)
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?