Iapetos
Iapetos of Japetos (Grieks: Ἰαπετός) was in die Griekse mitologie ’n Titaan, die seun van Uranos en Gaia, en die pa van Atlas, Prometeus, Epimeteus en Menoitios. Hy is die een Titaan wat Homeros in die Ilias noem (8.478–81) wat in Tartaros is saam met sy broer Kronos nadat Zeus en die ander Olimpiese gode die Titane verslaan het in die Titanestryd.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Iapetus (mythology)
Eksterne skakels
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.