For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Bobotie.

Bobotie

Bobotie met geelrys en blatjang.
Bobotie in 'n bak

Bobotie is 'n eg Suid-Afrikaanse gereg wat bestaan uit maalvleis en speserye met 'n eier-, melk- en borriebolaag. Daar was lank geglo dat die resep afkomstig is van die VOC kolonies in Batavia en moontlik afgelei van die Indonesiese gereg Botok, maar dit is meer waarskynlik dat dit reeds saam met Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het.[1] Die Hollanders het reeds teen die tyd geweet hoe om kerrievleis te berei. Dit was so algemeen dat spesiale potte reeds teen 1752 daarvoor vervaardig is, soos wat blyk uit 'n boedelinventaris van die tydperk waarin 'n bobotijkeetel (bobotiepot) genoem is.[1]

Die dis is in 1951 opgeneem as 'n verteenwoordigende Suid-Afrikaanse gereg in 'n internasionale resepteboek wat deur die Verenigde Nasies gepubliseer is.

Die gereg was al teen die 17de eeu bekend in die Kaap van Goeie Hoop, toe dit gemaak is van 'n mengsel van skaap- en varkvleis. Deesdae word skaap- en beesvleis verkies. Die oorspronklike resepte het gemmer en suurlemoenskil bevat. Die ontdekking van kerrie het die resep vergemaklik, maar die basiese idee het dieselfde gebly. Oorspronklik was daar ook gebruik gemaak van rosyntjies of sultanas en deesdae word grondboontjies, blatjang en ook piesang gereeld gebruik.

Bobotie is deur Suid-Afrikaanse setlaars na ander kolonies in Afrika versprei. Vandag kan resepte afkomstig van blanke setlaars gevind word in gemeenskappe in Kenia, Botswana, Zimbabwe en Zambië. Daar is 'n variasie vandag wat baie gewild is onder die sowat 7 000 Boeresetlaars wat hulle aan die begin van die 20ste eeu in die Chubut-riviervallei in Argentinië gevestig het. Hulle pak 'n bobotiemengsel binne in 'n groot pampoen wat hulle dan in die oond bak tot dit sag is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Die geskiedenis van Boerekos 1652-1806 (Afrikaans), Tesis vir die graad DPhil aan die Universiteit van Pretoria, 2003, deur Hester Wilhelmina Claassens
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Bobotie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?