For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Sosatie.

Sosatie

Gebraaide sosaties.

'n Sosatie of kabab is 'n eg Suid-Afrikaanse gereg wat van blokkies skaap-, vark- of hoendervleis gemaak word. Die vleis word in kleinerige blokkies opgesny en in 'n vleis- of sosatiepen ingeryg, soms met ander lekkernye soos sampioene of gedroogde vrugte. Dit kan ook met marinade of kerrie gegeur word. Sosaties word verkieslik op 'n rooster oor 'n houtvuur gebraai, maar kan ook in 'n oond gaargemaak word.[1]

Sosaties is oorspronklik van Kaap-Maleisiese afkoms. Die naam is van die Maleise woord soesatoe afgelei, wat mengelmoes beteken. Sosatie is moontlik deur Maleise kokke in Suid-Afrika in gebruik gebring.[2]

Sosatieresep[3]

[wysig | wysig bron]
Bestanddele
  • 500 g – 1000 g vleis (sien onder by wenke)
  • 6 uie
  • 2 soetrissies
  • 8 – 10 gedroogde appelkose
  • een koppie water
  • een koppie wit asyn
  • 5 eetlepels appelkooskonfyt
  • gemaalde swartpeper na smaak
  • kerrie of brejani na smaak
  • 2 eetlepels olyfolie
  • vars knoffel na smaak
Metode
  • Halveer die uie en druk uitmekaar
  • Braai die uie in olyfolie – net glaserig en nie bruin nie
  • Stel die stoof heelwat laer (moet glad nie kook nie, net effens prut)
  • Gooi die water en asyn in en roer goed
  • Roer die kerrie in
  • Voeg die appelkooskonfyt by en roer goed
  • Gooi die vars geperste knoffel in
  • Maal die peper in
  • Laat alles effens prut en laat dit dan afkoel
  • Sny vleis in blokkies en plaas in 'n bak of verkieslik 'n toeritsplastieksakkie
  • Marineer vir 1-3 dae (draai ongeveer 3-4 keer per dag om)
  • Gooi die droë appelkose 6 ure voor gaarmaak by die vleis wat marineer
  • Week skoon sosatiestokkies in water
  • Ryg vleis, uie, soetrissie-stukkies en kwart appelkose een-vir-een op 'n stokkie
  • Bak stadig in 'n matige oond (180 °C) of natuurlik braaivleis! Wees oplettend – die appelkooskonfyt kan dit maklik laat swart brand
  • Verf tussendeur met die marinade wat oorgebly het
  • Maal nog swartpeper op die sosaties 10 minute voor die einde
Wenke
Die toeritsplastieksakkies werk die beste aangesien die sakkie maklik omgedraai word in die yskas en so die gereg van alle kante kan marineer. Om 'n sakkie om te draai is min werk, terwyl dit in 'n bak harde werk is.
Skaapvleis werk baie goed, maar bees, vark, hoender en kalkoen is ook lekker. Indien jy vark wil gebruik – hou dit goed nat aangesien dit maklik uitdroog. In die oond is dit by vark 'n goeie plan om die bak met aluminiumfoelie te bedek en die laaste 10-15 minute oop te los. Verf dit op die braai met elke omdraai.

Gebruik speserye na smaak, maar ons hou van skerper kos en neem vir die sosatieresep hierbo 2 teelepels brejani en 1 teelepel kerrie. Indien brejani gebruik word, gooi dit by die uie wat braai na ongeveer een minuut en meng goed (sauté).

Blatjang is natuurlik heerlik saam met die sosaties!

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Rosenthal, Eric 1967.
  2. Cloete, A E; Jordaan A, Liebenberg, HC; Lubbe, HJ. Etimologiewoordeboek Van Afrikaans. Buro van die WAT 2003; ISBN 0-9584401-3-1
  3. Martin se watertand sosaties

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Sosatie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?