Magou
Magou (ook: mageeu, mageu, mahewu) is die tradisionele tuisgebroude bier van sekere inheemse bevolkingsgroepe van Suider-Afrika.
Die gegiste suurpap gemaak van mielies is tot ‘n ligte bier verdun. Bier is vir sekere volkere ‘n belangrike voedsame voedselsoort en ‘n rituele drank. Dit het ‘n lae alkoholgehalte en groot hoeveelhede kan dus daarvan gedrink word. Tuisgebroude bier se alkoholinhoud is soms verhoog met die byvoeging van middels wat voedselvergiftiging tot gevolg gehad het. Teenswoordig word magou in fabrieke vervaardig.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Steinkraus, Keith H. "Industrialization of indigenous fermented foods". Google Books. Besoek op Mei 2010.
Suid-Afrikaanse kookkuns | |
---|---|
Soutgeregte | |
Peuselhappies en speserye | |
Gebak en nageregte | |
Drankies |
|
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.