For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Farmasie.

Farmasie

'n Aptekersvysel, die simbool van Farmaseutiese wetenskappe
Verpakte tablette

Die aptekerswese of farmasie behels die bestudering en beoefening van dié gebied van die gesondheidswetenskappe wat fokus op die veilige en doeltreffende gebruik van medisyne.[1] Die Griekse woord φάρμακον (phármakon) beteken "medisinale stof". 'n Apteker is dus per definisie 'n farmaseut.

Funksie

Verskillende tablette en kapsules

Die farmaseutiese wetenskap hou hom besig met die werking van medisyne en plasebo's, en die invloed wat hulle het op mens en dier, in die besonder by siektes of ander mediese klagtes. Daarbenewens word die eienskappe en effektiwiteit van medisinale stowwe, die samestelling, voorbereiding en wyse van bewaring van medisyne, die gewenste dosis, interaksie tussen medisyne en die giftigheid (toksisiteit) van medisyne bestudeer.

Die omvang van farmasiepraktyk sluit meer tradisionele rolle in soos die samestelling en reseptering van medikasie, maar ook meer moderne dienste wat verband hou met gesondheidsorg, insluitende kliniese dienste, immunisasie, die hersiening van medikasie vir veiligheid en doeltreffendheid, en die verskaffing van inligting oor medisyne, dwelmmiddels en gifstowwe. Aptekers is dus die kenners op die gebied van geneesmiddelterapie en is die primêre gesondheidswerkers wat die gebruik van medikasie optimaliseer tot die voordeel van die pasiënt.

Opleiding

Vertakkings van aptekerstudie is onder andere: farmakologie (bestaande uit farmakodinamiek en farmakokinetika), farmakognosie, farmaseutiese chemie, farmaseutika (insluitende resepteerkunde en die voorbereiding van medisyne), farmakoterapie en biofarmaseutiese analise. Die farmaseutiese industrie doen navorsing, ontwikkel en vervaardig medisyne.

Wetlike regulering

Die wetlike vereistes vir die voorbereiding van voorskrifmedisyne in Suid-Afrika is vasgelê in die Wet op Aptekers, 1974, die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe (Wetnommer 101 van 1965, soos gewysig), asook die Regulasies daarmeesaam afgekondig. 'n Suid-Afrikaanse apteker het universiteitsopleiding ondergaan en word na die voltooiing van sy/haar apteekindiensopleiding ingeskryf in die aptekersregister van die Suid-Afrikaanse Aptekersraad. Die geneesmiddelwetgewing kan van land tot land verskil. Die Internasionale Konferensie vir harmonisering (ICH) werk aan standaardisering van geneesmiddelwetgewing.

Sien ook

Verwysings

  1. Thomas D (November 2018). Clinical Pharmacy Education, Practice and Research. Elsevier. ISBN 9780128142769. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2020. Besoek op 6 September 2019.

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Farmasie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?