For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Planetologie.

Planetologie

Titaan se wasige atmosfeer.

Planetologie is die wetenskaplike studie van planete (insluitende Aarde), mane en planeetstelsels (veral dié in die Sonnestelsel) asook die prosesse wat hulle gevorm het. Dit behels die bestudering van voorwerpe so klein soos mikrometeoroïdes tot so groot soos gasreuse in ’n poging om hulle samestelling, dinamika, vorming, verband en geskiedenis te bepaal. Dit is ’n baie interdissiplinêre veld wat oorspronklik uit sterrekunde en aardrykskunde ontwikkel het,[1] maar nou baie dissiplines insluit, onder meer planetêre geologie (saam met geochemie en geofisika), kosmochemie, atmosfeerkunde, oseanografie, hidrologie, teoretiese planetologie, glasiologie en eksoplanetologie.[1] Dissiplines wat hiermee verband hou, sluit in ruimtefisika, wat die uitwerking van die Son op die liggame in die Sonnestelsel bestudeer, en astrobiologie.

Planetologie het waarnemings- en teoretiese takke wat met mekaar verband hou. Waarnemingsnavorsing kan ’n kombinasie insluit van ruimteverkenning, veral met robottuie, sendings wat afstandswaarneming behels en eksperimentele werk in laboratoriums op die Aarde. Die teoretiese komponent sluit rekenaarsimilasies en wiskundige modelbou in.

Planetoloë werk gewoonlik in die departement sterrekunde of fisika aan universiteite, maar daar is ook baie planetologie-instellings wêreldwyd. Verskeie groot konferensies word elke jaar gehou.

Vergelykende planetologie

[wysig | wysig bron]

Planetologie maak dikwels van vergelykings gebruik om groter duidelikheid te kry oor die voorwerpe wat bestudeer word. Dit kan die vergelyking van die digte atmosfere van die Aarde en Saturnus se maan Titaan behels, die evolusie van voorwerpe in die buitenste Sonnestelsel op verskillende afstande van die Son af, of die geomorfologie van die oppervlakke van die rotsplanete.

Veral vergelykings van die Aarde se eienskappe kom dikwels voor, want dis baie toegankliker en ’n groter omvang metings is moontlik. Analogiestudies oor die Aarde is veral algemeen in planetêre geologie, geomorfologie en atmosfeerkunde.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Taylor, Stuart Ross (29 Julie 2004). "Why can't planets be like stars?". Nature. 430 (6999): 509. Bibcode:2004Natur.430..509T. doi:10.1038/430509a. PMID 15282586.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Planetologie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?