For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for KV9.

KV9

KV9
Grafkelder van Ramses V en Ramses VI
Ligging Vallei van die Konings
Land Vlag van Egipte Egipte
Ontdek Oop in antieke tye
Uitgrawings deur James Burton
Georges Daressy
Versiering Boek van Poorte, Boek van Grotte, Amdoeat, Dodeboek, Boek van die Aarde
Uitleg Reguit as
← Vorige
KV8
Volgende →
KV10

KV9 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is oorspronklik gebou vir farao Ramses V. Hy is daar begrawe, maar sy oom, Ramses VI, het dit later as sy eie grafelder gebruik. Die uitleg is tipies van die 20ste Dinastie en baie eenvoudiger as dié van Ramses III (KV11).

Die werkers het per ongeluk na KV12 deurgebreek terwyl hulle KV9 gebou het. In 2020 het die Egiptiese departement van toerisme 'n ten volle 3D-model van die krafkelder gepubliseer wat aanlyn beskikbaar is.[1]

Versiering en uitleg

[wysig | wysig bron]

Die grafkelder se versierings is van die uiteenlopendstes in die vallei.[2] Die uitleg behels 'n lang gang, wat deur muurpilare in verskeie seksies verdeel is. Dit lei na 'n saal met pilare en daaruit loop 'n tweede lang gang af na die grafkamer. Bouwerk aan die grafkamer is nie heeltemal voltooi nie.[2]

Ingang

[wysig | wysig bron]

Die ingang is versier met 'n skyf waarop 'n kewer en die beeld van Ra met 'n ram se kop op verskyn tussen die knielende godinne Isis en Nephthys. Die naam van Ramses VI word op die deurkosyne genoem. Dié is van Ramses V oorgeneem.[3]

Eerste gang

[wysig | wysig bron]

Aan albei kante is beelde van Ramses VI voor Ra en Osiris. Teen die suidemuur is beelde uit die Boek van Poorte en teen die noordemuur beelde uit die Boek van Grotte.[3] Die eerste deel van die plafon bevat astronomiese figure en sterrebeelde, terwyl die laaste deel en die begin van die eerste saal se plafon 'n dubbele voorstelling bevat van die Boek van die Dag en die Boek van die Nag, asook 'n beeld van Noet.[2]

Die gang eindig in 'n saal met pilare. Teen die mure gaan beelde van die Boek van Poorte en die Boek van Grotte voort. Bo die ingang na die volgende gang word die koning gewys voor Osiris. Hy word ook gewys in verskillende posisies voor ander gode, soos Meretseger, Chonsu, Ptah en Ptah-Sokar-Osiris.[3] Die skuinste na die volgende gang bevat aan elke kant twee beelde van kobras met vlerke en krone wat die godinne van Bo- en Benede-Egipte verteenwoordig.[2]

Tweede gang

[wysig | wysig bron]

In die skuinste na die tweede gang is daar versierings van die Amdoeat. Teen die plafon is beelde van die bote van Ra en van die Boek van die Dag en Boek van die Nag. Ramses VI word uitgebeeld voor Hekaoe en Maät.[3]

Voor- en grafkamer

[wysig | wysig bron]

Die voorkamer aan die einde van die gang bevat tonele van die Dodeboek.[3][2] Die mure van die grafkamer is versier met die Boek van die Aarde. Dit sluit in beelde van 'n sonboot met die dubbelkoppige god Aker, van Osiris en verskeie ander gode, van die vernietiging van vyande en van die son se strale wat verskeie figure uit die dood opwek. Tonele teen die plafon kom weer eens uit die Boek van die Dag en die Boek van die Nag, geraam deur 'n verlengde beeld van Noet.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Pharaoh Ramses VI Tomb". Egyptian Tourism Authority. 15 April 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 15 April 2020.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 Brock, Edwin C. (2001). "The Tomb of Rameses VI". In Weeks, Kent R. (red.). Valley of the Kings: The Tombs and Funerary Temples of Thebes West. VMB Publishers. pp. 244–265. ISBN 978-8854009769.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 Porter, Bertha en Moss, Rosalind, Topographical Bibliography of Ancient Egyptian Hieroglyphic Texts, Statues, Reliefs and Paintings Volume I: The Theban Necropolis, Part 2. Royal Tombs and Smaller Cemeteries, Griffith Institute. 1964, pg 511-517

Skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
KV9
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?