For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for KV17.

KV17

KV17
Grafkelder van Seti I
Binnekant van Seti I se grafkelder (boonste pilaarsaal).
Binnekant van Seti I se grafkelder (boonste pilaarsaal).
Ligging Vallei van die Konings
Land Vlag van Egipte Egipte
Ontdek 16 Oktober 1817
Uitgrawings deur Giovanni Belzoni
Versiering Mondopeningseremonie, Boek van Poorte, Klaaglied van Re, Dodeboek, Amdoeat, Boek van die Hemelse Koei
← Vorige
KV16
Volgende →
KV18

KV17 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is die begraafplek van farao Seti I van die 19de Dinastie.

Dit is een van die bes versierde, grootste en diepste grafkelders in die vallei.[1] Dit is op 16 Oktober 1817 deur die Italiaanse argeoloog Giovanni Belzoni ontdek.

Ontwerp

[wysig | wysig bron]

Tot met die ontdekking van KV5 is die grafkelder van 137,19 meter beskou as die langste een in die vallei.[2] Dit bevat goed bewaarde reliëfs in al die kamers en sykamers, buiten twee van die sewentien. 'n Deel, bekend as gang K, word steeds uitgegrawe. Dit lei van die grafkamer na verder binne die heuwels. 'n Groot deel was met puin gevul.[3]

'n Skildery van Osiris in Seti I se grafkelder.

Die ontwerp het 'n kinkel in die as.[4]" Die opening na die grafkelder bestaan uit vier voorhowe (A-D), wat elk dieper ondergronds loop. Teen die mure is 'n paar skilderings wat tradisionele godsdienstige praktyke uitbeeld, asook illustrasies van Seti I voor Ra. Dieper in die grafkelder het kamers F, Fa, J, Jb, Jc en Jd ingewikkeld gekerfde steunpilare met goed bewaarde versierings. 'n Skag is in die vloer van kamer E gegrawe, maar die doel daarvan is onbekend.[3]

Party van die plafonne het geel sterre wat op 'n blou agtergrond geverf is: 'n algemene tema in tempels en grafkelder in Egipte.

Die liggaam wat as Seti se mummie geïdentifiseer is, is nie hier gevind nie, maar in die koninklike bergplek DB320 tussen 36 ander mummies.[5] Sy kis, dalk die binneste of tweede binneste een, was erg beskadig, en so ook sy mummie. Daar is voorgestel sy mummie is geskuif ná verskeie pogings om dit te herstel.[6]

Versiering

[wysig | wysig bron]

Die eerste drie gange (B-D) is swaar versier met simbole van die farao, soos Maät, en 'n lys van Seti se koninklike name.[3] Een van die agterkamers is versier met die Mondopeningseremonie. Dit gee 'n goeie blik op die prakyke wat gevolg is om 'n veilige reis na die hiernamaals te verseker.[7] Verder in die grafkelder is verskeie uitbeeldings van Seti saam met verskeie gode. Kamer F het beelde van Seti saam met Hathor, Horus en Neith,[3] asook ongeskonde beelde uit die Boek van Poorte.

Die grafkelder is van onder tot bo versier met skilderings en reliëfs. Benewens die sterre teen die plafonne is daar godsdienstige beelde, insluitende die Klaaglied van Re, Dodeboek, Amdoeat en Boek van die Hemelse Koei, asook uitbeeldings van Seti saam met verskeie gode. Daar is ook afbeeldings van die koning alleen.[3]

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "KV17 (Tomb of Seti I) – Madain Project (en)". madainproject.com. Besoek op 20 Februarie 2023.
  2. Bossone, Andrew (17 April 2008). "Pharaoh Seti I's Tomb Bigger Than Thought". National Geographic News. Besoek op 19 April 2008.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 "Sety I | Theban Mapping Project". thebanmappingproject.com (in Engels). Besoek op 21 Februarie 2023.
  4. "Tomb of Sety I (KV17)". egymonuments.gov.eg (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2023. Besoek op 12 Maart 2023.
  5. Bart, Anneke (2004). "The Mummy Cache Found In DB320".
  6. "View 19'th Dynasty Royal Mummies from DB320 & KV35". members.tripod.com. Besoek op 21 Februarie 2023.
  7. "Opening of the Mouth". www.ucl.ac.uk. Besoek op 21 Februarie 2023.

Skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
KV17
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?