For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for KV64.

KV64

KV64
Die grafkelder van 'n onbekende; Nehmes Bastet
Die kis en stele van priesteres Nehmes Bastet in KV64.
Die kis en stele van priesteres Nehmes Bastet in KV64.
Ligging Vallei van die Konings
Land Vlag van Egipte Egipte
Ontdek 25 Januarie 2011
Uitgrawings deur Universiteit van Basel (2012-'13)
← Vorige
KV63
Volgende →
KV65

KV64 in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte, was die grafkelder van 'n onbekende mens wat tydens die 22ste Dinastie deur priesteres Nehmes Bastet herbruik is. Sy was die voorsanger van die Tempel van Karnak. Die grafkelder is geleë op pad na KV34 (die grafkelder van Toetmoses III) in die hoofvallei. KV64 is in 2011 ondek en in 2012 uitgegrawe deur Susanne Bickel en Elina Paulin-Grothe van die Universiteit van Basel.[1][2]

Nehemes-Bastet op haar stele.

Ontdekking en uitleg

[wysig | wysig bron]

Op 25 Januarie 2011, gedurende werk deur die Universiteit van Basel aan KV40, is die kante van 'n skag in die rots noord daarvan ontbloot.[3][4] Eers is gedink dis 'n onvoltooide skag en dit het die voorlopige naam "KV40b" gekry. Vroeg in Januarie 2012 is uitgrawings hervat en dit het gou duidelik geword die vonds is 'n grafkelder. Dit is op 15 Januarie 2012 amptelik aangekondig en het die naam KV64 gekry.[4]

Die grafkelder het bestaan uit 'n skag van sowat 3,5 meter diep wat tot 'n enkele kamer lei. Die kamer was toe onder puin van sowat 'n meter diep. In die kamer was die ongeskonde mummie van die hoofsangeres Nehmes Bastet van die 22ste dinastie. Haar geverfde begrafnisstele van hout is aan die voetenend van die kis teen die muur staangemaak. In die puin was die oorblyfsels van die geroofte aanvanklike begrafnis uit die 18de Dinastie, wat verteenwoordig is deur stukke begrafnisflesse, fragmente van kiste, glas, leer en die gebroke, oopgedraaide mummie van waarskynlik die oorspronklike eienaar.[4][5]

'n Stuk hout met die naam van "prinses Satiah" is ook gevind. Dit is nie bekend of sy die oorspronklike eienaar van die grafkelder was nie.[6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Bickel, Susanne; Paulin-Grothe, Elina (2012). "The Valley of the Kings: two burials in KV 64". Egyptian Archaeology (in Engels). 41: 36–40. Besoek op 17 Februarie 2021.
  2. "New archaeological discovery at the Valley of the Kings – Ancient Egypt – Heritage – Ahram Online". english.ahram.org.eg (in Engels). Besoek op 26 Februarie 2018.
  3. Bickel, Suzanne; Paulin-Grothe, Elina; Alsheimer, Tanja (2011). "Preliminary Report on the Work Carried out During the Season 2011" (PDF). University of Basel Kings' Valley Project: 2. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 November 2021.
  4. 4,0 4,1 4,2 Bickel, Suzanne; Paulin-Grothe, Elina (2012). "Preliminary Report on the Work Carried out During the Season 2012" (PDF). University of Basel Kings' Valley Project: 1. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 November 2021.
  5. Bickel, Suzanne; Paulin-Grothe, Elina (2013). "Preliminary Report on the Work carried out during the season 2013" (PDF). University of Basel Kings' Valley Project: 1. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 November 2021.
  6. Susanne Bickel, Princesses, Robbers, and Priests – The unknown side of the Kings' Valley, Presentation at a conference at the Museo Egizio in Turin, Italy, October 14 2017, Online; KV 64 is discussed at 27:30 onward

Skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
KV64
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?