Boek van die Aarde
Die Boek van die Aarde is ’n Antieke Egiptiese begrafnisteks wat verskeie name genoem is, soos Die Skepping van die Sonskyf en die Boek van Aker.[1]” Die boek verskyn hoofsaaklik in die grafkelder van Merneptah, Twosret, Ramses III, Ramses VI en Ramses VII, en dien as teenvoeter van die Boek van Grotte.[2]
Die sentrale elemente in die boek is Osiris, Ra en ba, terwyl die oorkoepelende storie handel oor die reis van die songod deur die aardgod, Aker. Geleerdes glo die boek bestaan uit twee dele, met die een helfte wat tonele van straf bevat. ’n Tema wat herhaaldelik voorkom, is die sonskyf.
Hoewel dit onseker is, word geglo die panele van die oorspronklike boek wat bewaar gebly het, is elk in drie registers verdeel. Dit maak dit onduidelik of tonele uit ander grafkelders deel van die boek is of nie.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Hornung, Erik (1999). The Ancient Egyptian Books of the Afterlife. Ithaca, NY: Cornell UP.
- ↑ Book of the Earth deur Jimmy Dunn as Taylor Ray Ellison
Gode | Amoen • Anoebis • Anoeket • Apep • Apis • Aten • Atoem • Bastet • Bes • Chepri • Chnoem • Chonsoe • Geb • Hapi • Hathor • Heqet • Horus • Isis • Maahes • Mafdet • Meschenet • Min • Moet • Montoe • Nechbet • Nefertem • Neith • Nephthys • Noe • Noet • Osiris • Ptah • Ra • Raet-Tawy • Satet • Sechmet • Seker • Serket • Sesjat • Set • Sjoe • Sobek • Taweret • Tefnoet • Thoth • Vier seuns van Horus • Wadjet • Wepwawet | |
---|---|---|
Geskrifte | ||
Ander | Doeat • Egiptiese mitologie • Egiptiese siel • Ennead • Maät • Mondopeningseremonie • Nege boë • Oerheuwel • Oog van Horus • Oog van Ra |
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.