For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Vlag van die Seychelle-eilande.

Vlag van die Seychelle-eilande

Vlag van die Seychelle-eilande
Vlag van die Seychelle-eilande
Vlag van die Seychelle-eilande
Gebruik Burgerlike- en staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en -vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 18 Junie 1996
Ontwerp ’n Straalvormige vlag met vyf bane in blou, geel, rooi, wit en groen wat van die linker onderste hoek van die vlag uitstraal na die bo- en regterkant.

Die nasionale vlag van die Seychelle-eilande is op 18 Junie 1996 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n straalvormige vlag met vyf bane in blou, geel, rooi, wit en groen wat van die linker onderste hoek van die vlag uitstraal na die bo- en regterkant van die vlag.

Simboliek

Daar word van die ontwerp van die vlag gesê dat dit ’n dinamiese, jong land voorstel wat die toekoms inbeweeg. Die kleure stel elk die volgende voor: blou stel die lug en die see voor, geel stel die son voor, rooi is die kleur van die mense, wit stel eensgesindheid voor en groen stel die natuurlike omgewing voor. Daar is ook gesê dat die verskillende kleure op die vlag die politieke partye in die Seychelle voorstel.[1]

Geskiedenis

Voor 1903 is die Seychelle-eilande geadministreer as ’n afhanklikheid van Mauritius. Van 1903 tot 1976 is ’n blou Britse vaandel gebruik as die vlag van die Seychelle-eilande met ’n verandering in die wapenskild in 1961. Toe die Seychelle in 1976 onafhanklikheid verkry het, het die land ’n vlag aangeneem met die Sint Andrieskruis waarvan die boonste en onderste driehoeke blou was en die linker- en regterdriehoeke rooi was. Hierdie vlag is ’n jaar later vervang toe president James Mancham ontset is deur France-Albert René. René het ’n nuwe vlag aanvaar wat gebaseer was op sy politieke party (die Seychelle Verenigde Volksparty) se kleure. Hierdie vlag was rooi bo en groen onder met ’n golwende wit fraiing tussen die twee bane.

Ander vlae

Verwysings

  1. (en) Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books. ISBN 1-840137-58-4

Eksterne skakels

  • (en) Seychelle-eilande by Flags of the World.
  • (en) "Flag of Seychelles". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Vlag van die Seychelle-eilande
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?