For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Vlag van Burkina Faso.

Vlag van Burkina Faso

Vlag van Burkina Faso
Vlag van Burkina Faso
Vlag van Burkina Faso
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 4 Augustus 1984
Ontwerp ’n Horisontale tweekleurige vlag van rooi (bo) en groen (onder) met ’n geel ster in die middel

Die nasionale vlag van Burkina Faso is op 4 Augustus 1984 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in groen (bo) en rooi (onder) met ’n vyfpuntige geel ster in die middel van die vlag.[1]

Simboliek

Die kleure groen, rooi en geel is die Pan-Afrika kleure. Toe die vlag aanvaar is in 1984 moes hierdie kleure simboliseer dat Burkina Faso sy koloniale verlede agtergelaat het om ’n eenheid met Afrika te vorm.[2]

In die Burkinese vlag het die drie kleure ook elk ’n afsonderlike betekenis. Rooi stel die sosialistiese revolusie voor, groen stel die rykdom van die landbou en die vreugde wat die mense oplewer, voor en die geel ster stel die leidende lig van die kommunistiese revolusie wat in 1983 plaasgevind het, voor.[2] Smith gee ’n ander simboliese betekenis vir die kleure: Die rooi simboliseer die land se stryd om selfstandigheid, die groen simboliseer hoop en oorvloed en die geel simboliseer Burkina Faso se minerale rykdom.[3]

Ontwerp

Die rooi en groen bane neem elk die helfte van die hoogte van die vlag in. Die ster, wat presies in die middel van die vlag is, het ’n deursnee wat gelyk is aan een derde van die hoogte en twee negendes van die wydte vlag is.[4][5]

Ander vlae

Die oorspronklike vlag van Bo-Volta wat met onafhanklikheid aanvaar is, het drie horisontale bane met swart, wit en rooi gehad. Hierdie kleure het die drie groot takriviere van die Voltarivier wat deur die suide van die land vloei: die Swart Volta, Wit Volta en Rooi Volta. Die huidige vlag is aanvaar na die staatsgreep in 1983 wat Thomas Sankara se bewind tot gevolg gehad het.[3]

Verwysings

  1. "Burkina Faso". The World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op 14 Mei 2019.
  2. 2,0 2,1 (en) Burkina Faso by Flags of the World, URL besoek op 14 Mei 2019.
  3. 3,0 3,1 (en) Smith, Whitney (2002). Flag Lore Of All Nations. Millbrook Press. p. 21. ISBN 0-7613-1753-8.
  4. (en) Burkina Faso: nasionale vlagontwerp besonderhede, URL besoek op 14 Mei 2019.
  5. Die ontwerpbesonderhede is vasgelê deur Presidensiële Dekreet No. 97-457/PRES/GC van 30 Oktober 1997, uitgegee in Journal Officiel du Faso No. 45, 1997, artikel 1.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Vlag van Burkina Faso
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?