For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Vlag van Lesotho.

Vlag van Lesotho

Vlag van Lesotho
Vlag van Lesotho
Vlag van Lesotho
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 4 Oktober 2006
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in blou, wit en groen met ’n Basothohoed in die middel van die wit baan.

Die nasionale vlag van Lesotho is op 4 Oktober 2006 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in blou-wit-groen met ’n Basothohoed in die middel van die wit baan (dit oorskry nie die grense van die wit baan nie).

Simboliek

’n Tradisionele mokorotlo

Die ontwerp stel voor dat Lesotho vrede met homself en sy bure het.[1] Wit stel vrede voor, blou stel reën voor en groen stel rykdom asook die vermoë om self voedsel te produseer, voor.[2] Die embleem stel die tradisionele Basothohoed voor, die sogenaamde mokorotlo. Dit is ’n nasionale simbool; die nuwe parlementsgebou in Maseru is ook in die vorm van so ’n hoedjie.[3]

Die betekenisse van die kleure is soos volg:[4]

Kleur Betekenis
Blou verteenwoordig die hemel of reën.
Groen verteenwoordig voorspoed.
Wit verteenwoordig vrede. Lesotho het die ideologie van vrede sedert die tye van Koning Moshoeshoe I gehad.

Ontwerp

Die middelste (wit) baan is groter as die ander twee; die verhouding is 3:4:3. Die hoedmotief neem 92% van die hoogte van die wit baan in beslag. Die Suid-Afrikaanse heraldikus Frederick Brownell het heraldiese advies aan die ontwerper van die vlag van Lesotho verleen.

Ander vlae

Koninklike standaarde

Die huidige vlag is die derde vlag van die land. Die eerste vlag is op 4 Oktober 1966 in gebruik gestel; dit is die dag wat Lesotho onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verkry het. Hierdie vlag toon, net soos die huidige vlag, die Basothohoed, maar dit is wit, en teen ’n blou agtergrond. Die blou simboliseer reën en die lug en die wit hoed stel vrede voor. Aan die linkerkant van die vlag is twee vertikale bane in groen en rooi. Die oorspronklike idee van die ontwerper Peter Hancock om geel tot die vlag toe te voeg is afgeskiet omdat die Basotho Congress Party wou hê dat die kleure op die nasionale vlag moes ooreenstem met die kleure van die partyvlag.

Die tweede vlag is in 1987 aanvaar nadat die Basotho National Party deur middel van ’n staatsgreep aan bewind gekom het. Hierdie vlag toon die tradisionele Sotho-skild, wat beskerming van vrede simboliseer. Die kleure blou, wit en groen op die tweede vlag het dieselfde betekenis as op die huidige vlag.

In 1993 het die militariste die mag aan ’n burgerlike regering oorgedra, maar die vlag van 1987 het steeds in gebruik gebly. Vanweë die militêre verbintenis van die vlag het vele Basotho’s gehoop op ’n nuwe vlag; dit het in 2006 ’n werklikheid geword.

Verwysings

  1. (en) BBC News (2006): Lesotho unfurls ‘peaceful’ flag, URL besoek op 14 Mei 2019.
  2. (en) The Lesotho Government Portal (2006): Senators give new flag green light Geargiveer 8 Desember 2008 op Wayback Machine, URL besoek op 4 Oktober 2006.
  3. (en) Lesotho News (2006): New Parliament Building designed like Basotho hat Geargiveer 6 Januarie 2007 op Wayback Machine, URL besoek op 22 Maart 2007.
  4. (en) "Flag Description". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2020. Besoek op 12 November 2018.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Vlag van Lesotho
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?