For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Vlag van Soedan.

Vlag van Soedan

Vlag van Soedan
Vlag van Soedan
Vlag van Soedan
Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel Nasionale vlag en burgerlike- en staatsvaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 20 Mei 1970
Ontwerp ’n Groen driehoek aan die vlagpaalkant met drie horisontale bane in rooi, wit en swart aan die wapperkant.
Wisselvormvlag van Soedan
Wisselvormvlag van Soedan
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Wit vlag met die nasionale vlag in die skildhoek.
Wisselvormvlag van Soedan
Wisselvormvlag van Soedan
Bynaam Lugmagvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Blou vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en die lugmagrondeau op die wapperkant.

Die nasionale vlag van Soedan is op 20 Mei 1970 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n groen driehoek aan die vlagpaalkant met drie ewe wye horisontale bane in (van bo na onder) rooi, wit en swart aan die wapperkant.

Simboliek

Die kleure is dieselfde as die Pan-Arabiese kleure en elkeen het ’n eie betekenis. Groen stel vooruitgang en landbou voor, rooi stel die stryd, die martelare vir Soedan en die Groot Arabiese Land voor, wit stel Islam, vrede, optimisme, lig en liefde voor en swart stel Soedan en die Madhi-revolusie voor.[1][2]

Ontwerp

Die vlag van Soedan is soortgelyk aan die vlag van die Arabiese Opstand, die verskille is dat die kleure op ’n ander manier gerangskik is.

Geskiedenis

Mahdiste-opstand

In 1881, aan die begin van die Mahdiste-opstand, het die Mahdi Muhammad Ahmad vir Abdallahi ibn Muhammad as een van sy vier kaliefs aangestel en aan hom ’n swart vlag gegee.[3] Abdallahi het hierdie swart vlag gebruik om die Baggara-Arabiere en ander stamme van die weste te werf. Die ander kaliefs het ander kleur vlae gebruik.[4] Die swart horisontale baan in die huidige Soedannese vlag is ’n verwysing na die swart vlag van die Mahdiste-era.[5]

Anglo-Egiptiese Soedan

Tussen 1899 en 1956 is Anglo-Egiptiese Soedan gesamentlik as ’n kondominium geadministreer deur Egipte en die Verenigde Koninkryk. Die kondominium het nie sy eie vlag gehad nie en het gebruik gemaak van die vlag van Egipte en die vlag van die Verenigde Koninkryk wat altyd gelyktydig vertoon is met die Britse vlag wat voorkeur geniet het.[6]

’n Rangvlag vir die Britse goewerneur-generaal van Soedan het wel bestaan. Dit was soortgelyk aan die goeweneur-generaalsvlae en kommissarisse van ander Britse oorsese gebiede en het bestaan uit ’n Unievlag met ’n wit skyf in die middel waarin die gebied se wapenskild was, met die skyf wat omring was deur ’n lourierkrans. Aangesien geen wapenskild vir Anglo-Egiptiese Soedan bestaan het nie, het die woorde “Goewerneur-generaal van Soedan” in die wit skyf gestaan.

1956–1970 vlag

Met onafhanklikheid van Egipte en die Verenigde Koninkryk op 1 Januarie 1956 het Soedan ’n blou-geel-groen driekleur as nasionale vlag aangeneem. Hierdie vlag was tot 1970 in gebruik toe die huidige vlag aanvaar is.[7]

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Verwysings

  1. (en) Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books. ISBN 1-84013-758-4
  2. (en) Soedan by Flags of the World. URL besoek op 15 Mei 2019.
  3. (en) Hill, Richard Leslie (1967) [Aanvanklik uitgegee 1951]. ’n Biografiese Woordeboek van Soedan (2de uitg.). Routledge. p. 6. ISBN 978-0-7146-1037-5.
  4. (en) Featherstone, Donald F. (1993). Khartoum 1885: General Gordon se Laaste Verset. Osprey military campaign series, v. 23. Osprey Publishing. p. 18. ISBN 978-1-85532-301-8.[dooie skakel]
  5. (en) Fadlalla, Mohamed Hassan (2005). Die Probleem van Dar Fur. iUniverse. p. 33. ISBN 978-0-595-36502-9.
  6. (en) Anglo-Egiptiese Kondominium (1899–1956) by Flags of the World. URL besoek op 15 Mei 2019.
  7. (en) Soedan – Historiese vlae by Flags of the World. URL besoek op 15 Mei 2019.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Vlag van Soedan
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?