For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for See van Marmara.

See van Marmara

See van Marmara

Foto van die see uit die ruimte (STS-40, 1991). Die see is die liggroen watermassa

Kaart van die See van Marmara
Koördinate:40°41′12″N 28°19′7″O / 40.68667°N 28.31861°O / 40.68667; 28.31861
Ligging:Turkye
Soort:See van die Middellandse See
Oppervlakte:11 350 km² (4 380 myl²)
Gemiddelde diepte:494 m (1 621 vt)
Maksimum diepte:1 370 m (4 490 vt)
Volume:3 378 km³ (810 myl³)
Invloei:Simav, Biga Çayı, Nilüfer
Eiland/e:Marmara-eilande, Avşa, İmralı, Prinse-eilande, Paşalimanı en Ekinlik-eiland
Nedersettings:Istanboel, Bursa, Izmit, Tekirdağ, Balıkesir, Çanakkale, Yalova

Die See van Marmara of Marmora (Turks: Marmara Denizi) is die binnelandse see wat die Swartsee met die Egeïese See verbind en Turkye in ’n Europese en Asiatiese deel verdeel. Die Bosporus verbind dit met die Swartsee en die Dardanelle met die Egeïese See. Eersgenoemde seestraat verdeel Istanboel ook in ’n Europese en Asiatiese kant. Die See van Marmara het ’n oppervlakte van sowat 11 350 km² (280 km x 80 km)[1] en ’n diepte van tot 1 370 m.

Geografie

[wysig | wysig bron]

Die soutgehalte van die see is gemiddeld sowat 22 dele per 1 000, wat effens meer is as dié van die Swartsee, maar net omtrent twee derdes van dié van die meeste oseane. Op die seebodem is die water souter – sowat 38 dele per 1 000. Water van verskeie riviere, meestal van Anatolië, verminder die soutgehalte.

Daar is twee groot eilandgroepe in die see, die Prinse- en die Marmara-eilande. Die kus is getand en ’n paar golwe kom daar voor, soos die Golf van Izmit.

Tydens ’n storm op 29 Desember 1999 het die Russiese olietenkskip Wolgoneft in die See van Marmara middeldeur gebreek en 1 500 ton olie in die water gestort.

Die Noord-Anatoliese breuk, wat al baie groot aardbewings veroorsaak het, soos die Izmit-aardbewing van 1999, loop onder die see.

Die see is genoem na die eiland Marmara, wat ryk aan marmer is, van die Griekse woord μάρμαρον (marmaron, "marmer").[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
See van Marmara
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?