For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Unzen.

Unzen

Unzen
Unzen, met duidelike tekens van piroklastiese en modderstrome. Unzen, met duidelike tekens van piroklastiese en modderstrome.
Ligging Kyushu, Japan
Hoogte 1 486 meter bo seevlak
Koördinate 32°45′41″N 130°17′55″O / 32.76139°N 130.29861°O / 32.76139; 130.29861
Bergtipe Komplekse stratovulkaan
Laaste uitbarsting Februarie tot Mei 1995
Ligging van Unzen op 'n kaart (Japan)
Unzen
Unzen
Ligging in Japan.
'n Reliëfkaart van die Unzenvulkaan.

Die berg Unzen (Japannees: 雲仙岳, Unzendake) is 'n aktiewe vulkaangroep van verskeie oorvleuelende stratovulkaan in die Nagasaki-prefektuur op die eiland Kyushu, Japan se suidelikste hoofeiland.

In 1792 het die ineenstorting van een van sy verskeie lawakoepels 'n megatsoenami veroorsaak wat 14 524 mense gedood het in Japan se ergste vulkaanverwante ramp nog. Die vulkaan se mees onlange aktiwiteit was van 1990 tot 1995, en 'n groot uitbarsting in 1991 het 'n piroklastiese stroom tot gevolg gehad wat 43 mense gedood het, onder andere drie vulkanoloë.

Sy hoogste pieke is Heisei-shinzan (平成新山) op 1 486 m en Fugendake (普賢岳) op 1 359 m.

Oorsig

Die berg Unzen lê in die sentrale deel van die Shimabara-skiereiland in Nagasaki-prefektuur. Dit bestaan uit meer as 20 berge. Soms word net agt of selfs drie berge in die enger sin gebruik, maar histories word die naam gebruik vir die hele bergreeks wat oor die see uittroon.

Die berg Unzen se pieke Fugendake (links) en Heisei Shinzan. Laasgenoemde is 'n lawakoepel wat ná die uitbarstings van 1990-1995 ontstaan het (afgeneem in November 2005).

Om die hoogste piek, Heisei Shinzan (1 483 m) lê Fugendake (1 359 m), Kunimidake (1 347 m), Myokendake (1 333 m), Nodake (1 142 m), Kusenbedake (1 062 m) en Yadake (943 m). Fugendake en Heisei Shinzan verky magma van die Chitose-kaldera. Dit word dus uit 'n magmakamer onder Tachibanabaai naby Obama Onsen gevoed. Die hoofpiek is Fugendake, maar die vulkaanaktiwiteit van 1990 tot 1995 het Heisei Shinzan gemaak, wat hoër is. Heisei Shinzan is ook die hoogste piek in Nagasaki-prefektuur.

1991-uitbarsting

Unzen is dalk die bekendste vir sy verwoestende uibarsting op 3 Junie 1991. Dit het die eerste grootskaalse piroklastiese stroom veroorsaak, wat in dié tyd sonder 'n presedent was. Altesaam 43 mense is in die ontruimingsone gedood. Onder hulle was die Franse vulkanoloë Maurice en Katia Krafft en die Amerikaanse geoloog Harry Glicken. Die 40 ander sterfgevalle was meestal mense betrokke in die massamedia, sowel as brandbestryders, polisieoffisiere, boere en taxidrywers.

Skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Unzen
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?