For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Awatsjinski.

Awatsjinski

Awatsjinski
Ligging Kamtsjatka-skiereiland, Rusland
Hoogte 2 741 meter bo seevlak
Koördinate 53°15′18″N 158°49′48″O / 53.25500°N 158.83000°O / 53.25500; 158.83000
Laaste uitbarsting 2008[1]
Ligging van Awatsjinski op 'n kaart (Kamtsjatka-krai)
Awatsjinski
Awatsjinski
Ligging in Kamtsjatka-krai.

Awatsjinski (ook bekend as Awatsja of Awatsjinskaja Sopka, Russies: Авача, Авачинская сопка) is 'n aktiewe stratovulkaan op die Kamtsjatka-skiereiland in die Russiese Verre Ooste. Dit lê naby Petropawlofsk-Kamtsjatski, die hoofstad van Kamtsjatka-krai. Dit is saam met die naburige Korjakski-vulkaan aangewys as 'n Dekadevulkaan, wat van naderby ondersoek moet word vanweë hulle geskiedenis van uitbarstings en hulle nabyheid aan dig bevolkte gebiede.

Awatsjinski se laaste uitbarsting was in 2008. Dit was klein in vergelyking met die vulkaan se uitbarsting in 1945.

Geologiese geskiedenis

Awatsjinski lê op die Pasifiese Ring van Vuur, op 'n punt waar die Pasifiese Plaat teen 80 mm per jaar onder die Eurasiese Plaat inskuif. Dit veroorsaak dinamiese vulkanisme oor die hele Kamtsjatka-skiereiland.

Die vulkaan is een van die aktiefstes op die skiereiland en het in die middel tot laat Pleistoseen begin uitbars. Dit het 'n hoefystervormige kaldera, wat 30 000 tot 40 000 jaar gelede in 'n groot grondverskuiwing gevorm en 'n gebied van 500 km2 suid van die vulkaan bedek het. Dit lê tans onder die stad Petropawlofsk-Kamtsjatski. Die hervorming van 'n nuwe keël binne die kaldera het in twee groot uitbarstingsfases plaasgevind, 18 000 en 7 000 jaar gelede.[2][3][4]

Onlangse aktiwiteit

Awatsjinski het minstens 16 keer in die aangetekende geskiedenis uitgebars. Die uitbarstings was gewoonlik ontploffend, met piroklastiese en modderstrome wat gewoonlik suidwes gevloei het. Die laaste onlangse groot uitbarsting was in 1945, toe 0,25 km3 magma uitgeskiet is. Sedertdien was daar klein uitbarstings in 1991 en 2001.

Vanweë sy nabyheid aan Petropawlofsk-Kamtsjatski is Awatsjinski saam met die naburige Korjakski aangewys as 'n Dekadevulkaan.

Verwysings

  1. Avachinsky volcano on VolcanoDiscovery
  2. Droznin, D.; Levin, V.; Park, J.; Gordeev, E. (2002), "Detailed Mapping of Seismic Anisotropy Indicators in Southeastern Kamchatka", American Geophysical Union, Fall Meeting 2002 .
  3. Levin, V.; Park, J.; Gordeev, E.; Droznin, D. (2002), "Complex Anisotropic Structure of the Mantle Wedge Beneath Kamchatka Volcanoes", American Geophysical Union, Fall Meeting 2002 .
  4. Taran, Y. A.; Connor, C. B.; Shapar, V. N.; Ovsyannikov, A. A.; Bilichenko, A. A. (1997), "Fumarolic activity of Avachinsky and Koryaksky volcanoes, Kamchatka, from 1993 to 1994", Bulletin of Volcanology 58 (6): 441–448, doi:10.1007/s004450050152, Bibcode1997BVol...58..441T .

Skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Awatsjinski
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?