For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Korjakski.

Korjakski

Korjakski
Die Korjakski-vulkaan troon bo Petropawlofsk-Kamtsjatski uit, 2014. Die Korjakski-vulkaan troon bo Petropawlofsk-Kamtsjatski uit, 2014.
Ligging Kamtsjatka-skiereiland, Rusland
Hoogte 3 456[1] meter bo seevlak
Koördinate 53°19′15″N 158°42′45″O / 53.32083°N 158.71250°O / 53.32083; 158.71250[1]
Ligging van Korjakski op 'n kaart (Kamtsjatka-krai)
Korjakski
Korjakski
Ligging in Kamtsjatka-krai.

Korjakski[2] of Korjakskaja Sopka (Russies Коря́кская со́пка) is 'n aktiewe vulkaan op die Kamtsjatka-skiereiland in die Russiese Verre Ooste. Dit lê naby Kamtsjatka-krai se hoofstad, Petropawlofsk-Kamtsjatski. Dit is saam met die naburige Awatsjinski aangewys as 'n Dekadevulkaan, wat van naderby ondersoek moet word vanweë sy nabyheid aan dig bevolkte gebiede.

Geologiese geskiedenis

Korjakski lê in die Ring van Vuur, op 'n punt waar die Pasifiese Plaat teen 80 mm per jaar onder die Eurasiese Plaat inskuif. Dit veroorsaak dinamiese vulkanisme oor die hele Kamtsjatka-skiereiland.

Die vulkaan is waarskynlik die afgelope tienduisende jare aktief. Geologiese rekords dui aan dat daar in die afgelope 10 000 jaar drie groot uitbarstings was: in 5500, 1950 en 1550 v.C. Dit lyk of dié drie uitbarstings groot lawastrome veroorsaak het.

Korjaksie, soos in 1985 gesien van die naburige Awatsjinski-piek af.

Onlangse aktiwiteit

Korjakski het in 1890 vir die eerste keer in die aangetekende geskiedenis uitgebars. Die uitbarsting het 'n lawa-uitvloei aan die suidwestelike hang en ondergrondse ontploffings veroorsaak.

Nog 'n kort, matige uitbarsting het in 1926 voorgekom, waarna die vulkaan tot in 1956 rustend was. Die uitbarsting in 1956 was erger as die vorige bekendes, met piroklastiese en modderstrome. Dit het tot in Junie 1957 geduur.

Op 29 Desember 2008 het Korjakski uitgebars met 'n pluim as van 6 000 m, die eerste groot uitbarsting in 3 500 jaar.[3]

Omdat die vulkaan so naby aan Petropawlofsk-Kamtsjatski geleë is, is dit saam met die Awatsjinski-vulkaan in 1996 as 'n Dekadevulkaan aangewys.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 "Kamchatka and Russian Pacific Islands Ultra-Prominence Page" Peaklist.org. Besoek op 2011-11-23.
  2. Koryaksky volcano, Russia Geargiveer 16 Maart 2012 op Wayback Machine
  3. "Russian volcano erupts". BBC NEWS. 30 Desember 2008. Besoek op 7 Mei 2010.

Bronne

  • Droznin D., Levin V., Park J., Gordeev E. (2002), Detailed Mapping of Seismic Anisotropy Indicators in Southeastern Kamchatka, American Geophysical Union, Fall Meeting 2002.
  • Levin V., Park J., Gordeev E., Droznin D. (2002), Complex Anisotropic Structure of the Mantle Wedge Beneath Kamchatka Volcanoes, American Geophysical Union, Fall Meeting 2002.
  • Taran Y.A., Connor C.B., Shapar V.N., Ovsyannikov A.A., Bilichenko A.A. (1997), Fumarolic activity of Avachinsky and Koryaksky volcanoes, Kamchatka, from 1993 to 1994, Bulletin of Volcanology, v. 58, p. 441-448.

Skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Korjakski
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?