For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Troyes.

Troyes

Troyes

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Grand Est
 Département Aube
 Koördinate 48°17′N 4°04′O / 48.283°N 4.067°O / 48.283; 4.067
 Stigting Voor 1ste eeu v.C.
 Oppervlak:  
 - Totaal 13,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 103-118 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1999) 60 958
 - Bevolkingsdigtheid 4 618/vk km
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester François Baroin (UMP)
 Amptelike webwerf ville-troyes.fr Geargiveer 27 Februarie 2009 op Wayback Machine

Troyes [tʁwa] is die hoofstad (prefektuur) van die Franse département Aube in die administratiewe gewes Grand Est met 'n oppervlakte van 13,2 vierkante kilometer en 60 958 inwoners (1999). Troyes is die sentrum van die agglomerasie Communauté d'agglomération Troyenne (CAT) met 'n totale bevolking van 130 000 mense.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Troyes was oorspronklik die hoofstad van die Keltiese Trikasse en is deur die Romeine Augustobona Tricassium genoem. In die 4de eeu het die stad die setel van 'n biskop geword. In 451 het die Slag op die Katalauniese Velde (Latyns: Campus Mauriacus) tussen Attila en die Romeinse veldheer Aëtius wes van Troyes plaasgevind.

Die stad is in 483 deur die Franke ingeneem en was vanaf die Karolingiese tydperk die setel van 'n graaf. In die laat 9de eeu het Troyes 'n besitting van die hertogdom Boergondië geword, maar is nog steeds deur die plaaslike grawe geregeer wat as hertoglike leenmanne gedien het.

In die 10de eeu was Troyes die administratiewe, kulturele en ekonomiese sentrum van die graafskap Troyes, 'n besitting van die Karolingiese grawe van Vermandois, en later ook die hoofstad van die historiese landskap Champagne nadat graaf Thibaut IV van Blois Troyes tot sy hoofstad verklaar het.

Van die bekendste persoonlikhede uit hierdie tydperk was die Joodse geleerde Rasji (rabbi Sjelomo ben Isaak, 1040–1105) wat hier sy beroemde kommentaar oor die Talmoed geskryf het, en die beroemde Middeleeuse Franse digter Chrétien de Troyes (omtrent 1140 tot 1190), skrywer van die werk Parsival oor die soektog na die Heilige Graal. Troyes het danksy Thibaut IV se seun, Hendrik die Vrygewige, tot een van die beduidendste literêre en kulturele sentra in Wes-Europa en die bakermat van die Franse roman ontwikkel. Daarnaas het hier in 1128 die Konsilie van Troyes plaasgevind.

Vanaf die 12de eeu is twee van Champagne se ses beroemde jaarbeurse, wat as handelskoue vir 'n groot aantal Europese handelsgoedere soos Nederlandse lakens en Oosterse produkte soos sy wat via Italië ingevoer is, in Troyes gehou. Die grawe van Champagne het ook Troyes se ontwikkeling tot een van die vroegste finansiële sentra van Europa bevorder, en die stad het as 'n belangrike geldmark gedien.

Tradisionele vakwerkhuise

Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk (1337–1452) was Troyes in een van die Franse gebiede geleë wat deur die Engelse beset is en het sodoende, maar ook vanweë sy insluiting by die Franse kroondomein, sy ekonomiese belangrikheid grotendeels verloor. Nogtans is hier in 1420 die Verdrag van Troyes onderteken, waardeur die Franse koning Karel VI die Waansinnige (op aandringe van sy eggenote Isabeau de Bavière), die Engelse koning Hendrik V en Filips III, hertog van Boergondië, bondgenote geword het in hulle poging om die kroonprins (Frans: Dauphin) en latere koning Karel VII se troonopvolging ten gunste van Hendrik V uit te sluit.

Nege jaar later is die Engelse besetters uit die gebied verdryf, en Johanna van Arkel het die kroonprins na Reims gelei waar hy as koning van Frankryk gekroon is.

Gedurende die laat Middeleeue en die vroeë Renaissance-tydperk het Troyes tot een van die beduidendste sentra van die beeldhoukuns ontwikkel waar onder meer die Meester van Chaource en Jacques Bachot werksaam was.

Die verskuiwing van handelsaktiwiteite na die seehandel het Troyes se posisie as 'n handelsentrum verswak, en die inwoners het met die ontwikkeling van die plaaslike tekstielbedryf begin wat van Troyes in die 16de en 17de eeu 'n beduidende nywerheidstad en ook 'n sentrum van die Hugenote gemaak het. Die herroeping van die Protestantse godsdiensvryheid in die Edik van Nantes in 1685 het Troyes se ekonomie 'n nekslag toegedien.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Troyes
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?