For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Perpignan.

Perpignan

Perpignan

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Koördinate 42°41′N 2°53′E / 42.683°N 2.883°O / 42.683; 2.883
 Région Languedoc-Roussillon
 Département Pyrénées-Orientales (66)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 68,07 vk km
 Hoogte bo seevlak 8-95 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2018) 119 188
 - Metropolitaanse gebied (2013) 313 862
 - Bevolkingsdigtheid 1 800/vk km
 - poskode 66000, 66100
 - skakelkode 66136
 Tydsone UTC +1
 Burgemeester Louis Aliot (RN)
 Amptelike Webwerf www.ajuntament-perpinya.cat

Perpignan (Katalaans: Perpinyà, Spaans: Perpiñán) is die prefektuur of hoofstad van die Suid-Franse département Pyrénées-Orientales. Die stad met 119 188 inwoners (soos op 1 Januarie 2018) lê aan die Golf van Lion van die Middellandse See, sowat 70 kilometer suid van Narbonne en 30 kilometer noord van die Spaanse grens.

Perpignan is die grootste stad en historiese sentrum van die Katalaanstalige gebied Roussillon (Katalaans: Rosselló), wat soms ook Noord-Katalonië (Katalaans: Catalunya del Nord) genoem word.

Talle historiese geboue, veral in die gotiese styl, dateer uit Perpignan se roemryke geskiedenis. Die stad is vandag 'n handelsentrum vir plaaslike landbouprodukte soos wyn, en beskik oor 'n eie universiteit.

Geografie

[wysig | wysig bron]

Perpignan lê teen die Têtrivier in die sentrum van die Roussillon-vlakte, met die Corbières-streek as sy westelike, die Pireneë-bergreeks as sy suidelike en die Middellandse See as sy oostelike grens. Perpignan is die suidelikste van die groot stede van die metropolitaanse Frankryk.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Perpignan ontstaan in die 10de eeu as 'n dorp digby die burg van die grawe van Roussillon en groei vinnig danksy die strategiese ligging tussen die Roussillon en Languedoc.

Perpignan is sedert die jaar 1172 'n besitting van die Aragonees-Katalaanse kroon en word eers in 1659 danksy die Pireneëverdrag by Frankryk ingelyf. Die reusagtige versterking van die Paleis van die Konings van Mallorca dateer uit die tydperk tussen 1276 en 1344, toe Perpignan as die hoofstad van die Koninkryk van Mallorca en 'n belangrike militêre basis gedien het.

Demografie

[wysig | wysig bron]

Met die Spaanse Burgeroorlog in die 1930s en die groot aantal vlugtelinge wat hulle in Frankryk kom vestig het, begin die demografiese struktuur van Perpignan duidelik verander. Ná die einde van die Algerië-oorlog in 1962 vestig ook talle Franse setlaars uit Noord-Afrika hulle in die stad, terwyl die laaste groot groep immigrante oorwegend van Noord-Afrikaans-Arabiese afkoms is.

1946 1954 1962 1968 1975 1982 1990 1999 2006 2010
74984 70051 83025 102191 106426 111669 105983 105115 115326 117419

Susterstede

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Perpignan
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?