For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Tiwaans.

Tiwaans

Tiwaans
тыва дыл
tiwa dil
Gepraat in: Vlag van Rusland Rusland 
Gebied: Tiwa
Totale sprekers: 283 400[1]
Taalfamilie: Turkies
 Siberies-Turkies
  Suid-Siberies
   Sayan-Turkies
    Tiwaans 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Rusland Rusland
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: tyv
ISO 639-3: tyv

Tiwaans of Toewaans (Tiwaans: тыва дыл, tiwa dil) is ’n Turkiese taal wat in die Republiek van Tiwa in Suidsentraal-Siberië gepraat word. Die taal het baie woorde uit Mongools en meer onlangs uit Russies geleen. Daar is ook Tiwaanssprekense minderhede in Mongolië en China.

Daar is hoofsaaklik vier dialekte in Tiwa self: Wes-, Sentraal-, Noordoos- en Suidoos-Tiwaans.

Grammatika

[wysig | wysig bron]

In Tiwaans word agtervoegsels gebruik om nuwe betekenisse aan woorde te gee. "Kameel" is byvoorbeeld tewe, "kamele" is tewe-ler, "my kamele" is tewe-ler-im en "van my kamele" is tewe-ler-im-den. Daar is ses naamvalle, en elke naamval-uitgang het ’n groot verskeidenheid gebruike en betekenisse, waarvan net ’n paar hier aangegee word.

Tewe [tewe] Nominatief "kameel" (geen agtervoegsel)
Tewe + /-NIŋ/ [teweniŋ] Genitief "van die kameel" (die fonetiese simbool [ŋ] word 'ng' uitgespreek soos in 'sing')
Tewe + /-NI/ [teweni] Akkusatief "die kameel" (bepaalde lidwoord, direkte voorwerp, soos in "Ek sien DIE kameel")
Tewe + /-KA/ [tewege] Datief "vir die kameel" (in die verlede tyd)
Tewe + /-DAn/ [teweden] Ablatief "van die kameel" of "as ’n/die kameel" (soos in "groter as ’n/die kameel")
Tewe + /-DA/ [tewede] Lokatief "by die kameel" of "in die kameel" (dui soms ook besitting aan)

Skryfstelsels

[wysig | wysig bron]

Tiwaans is aanvanklik in die Mongoolse skrif geskryf.[2] In 1930 is ’n Latynse alfabet ontwerp en dié is in 1943 deur ’n Cyrilliese alfabet vervang wat vandag nog gebruik word.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tuva" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 20 Oktober 2015.
  2. Cf. Otgonbayar Chuluunbaatar: Einführung in die mongolischen Schriften. Buske Verlag, Hamburg 2008, ISBN 978-3-87548-500-4, bl. 70.
  • Anderson, Gregory D.S. (2004). Auxiliary Verb Constructions in Altai-Sayan Turkic. Wiesbaden: Otto Harrassowitz. ISBN 3-447-04636-8
  • Anderson, Gregory D.S.; Harrison, K. David (1999). Tyvan. Languages of the World/Materials 257. Lincom Europa. ISBN 3-89586-529-X.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Tiwaans
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Tiwaans
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?