For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Swartruggens.

Swartruggens

Swartruggens
Ou spoorwegstasie op Swartruggens
Ou spoorwegstasie op Swartruggens
Swartruggens is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Swartruggens
Swartruggens
 Swartruggens se ligging in Noordwes
Koördinate: 25°39′S 26°42′O / 25.650°S 26.700°O / -25.650; 26.700
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistrikBojanala
MunisipaliteitKgetlengrivier
Stigting1875
Oppervlak
 • Totaal10,74 km2 (4,15 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal1 969
 • Digtheid183/km2 (470/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense52.3%
 • Indiërs/Asiërs5.5%
 • Bruin mense1.8%
 • Swart mense39.5%
 • Ander0.8%
Taal (2011)
 • Afrikaans 57.4%
 • Tswana 21.9%
 • Engels 14.1%
 • Zoeloe 1.7%
 • Ander 4.9%
Poskode (strate)
2835
Poskode (posbusse)
2835
Skakelkode014

Swartruggens[2] is 'n dorp in die ooste van die Noordwesprovinsie, in Suid-Afrika. Dis aan die Elandsrivier geleë en die N4 loop deur die dorpie.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die dorp is in 1875 op die plaas Brakfontein gestig. Die spoorlyn vanaf Krugersdorp na Mahikeng het die dorp teen 1907 bereik. Diamante is in 1932 noord van die dorp ontdek en 'n paar klein delwerye en myne is nog in bedryf.

Die dorp is gevorm uit die samesmelting van die twee plase Brakfontein en Scheepersrus. Die naam Swartruggens is afgelei van 'n ketting heuwels wat donker van kleur voorkom en die dorpie omring. Aanvanklik is die dorp Rodeon genoem, en selfs vandag word hierdie naam nog af en toe gebruik. In 1895 is die eerste winkel in die dorp geopen om die groeiende bevolking van alledaagse items te voorsien.

Nadat Swartruggens as 'n sentrum van veeteelt ontwikkel het, is diamantafsettings ontdek en daarna intensief ontgin, wat bygedra het tot die verdere ontwikkeling van die dorp en sy omgewing.[2][3][4][5]

Kultuur en besienswaardighede

[wysig | wysig bron]

Talle wildplase kan in die omgewing rondom Swartruggens besoek word, insluitend 'n volstruisplaas waar mens volstruis kan ry. ’n Diamantmyn wat nou in onbruik is, kan ook besoek word. Die Madikwe Wildreservaat is 'n beskermde gebied in die onmiddellike omgewing van Swartruggens.

Daarbenewens is die Elandsrivier- slagveld naby die dorp, waar 'n geveg tussen Boere en Britse troepe tydens die Tweede Boereoorlog (1899–1902) plaasgevind het. Dit was een van die laaste "konvensionele" oorlogvoering-styl veldslae van die oorlog voordat die Boere hulle tot guerrilla-oorlogvoering gewend het.

Distrik

[wysig | wysig bron]

Die distrik van 4 470 km2 is tipiese bosveldwêreld en die belangrikste ekonomiese bedryf is beesboerdery. Lindleyspoortdam in die Elandsrivier is 20 km noord van die dorp. Die dam voorsien besproeiingswater vir die verbouing van koring en tabak. Die dorp Groot Marico is 40 km weswaarts.

Bekende boorlinge

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Swartruggens". Sensus 2011.
  2. 2,0 2,1 (en) Raper, Peter. "Dictionary of Southern African Place Names". Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. p. 424. Besoek op 13 Desember 2015.
  3. Swartruggens - North West Province South Africa Geargiveer 1 April 2012 op Wayback Machine
  4. "North West History – Battle of Elands River". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2012. Besoek op 1 Augustus 2016.
  5. Wulfsohn, Lionel (1 Januarie 1992). Rustenburg at War: The Story of Rustenburg and Its Citizens in the First and Second Anglo-Boer Wars (in Engels). L.M. Wulfsohn. p. 255. ISBN 9780620167697.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Swartruggens
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?