For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Noordwes.

Noordwes

Noordwes-provinsie
Bokone-Bophirima
Nyakatho-Ntshonalanga
North West Province

Wapen
Oppervlakte 104 882 km²
Bevolking (2011)[1] 3 509 953
Bevolking (2017 skat) 3 850 000
Tale[1] Tswana (63,4%), Afrikaans (9,0%), Suid-Sotho (5,8%), Xhosa (5,5%), Tsonga (3,7%)
Etniese groepe[1] Swart mense (89,8%), Wit mense (7,3%),
Bruin mense (2,0%),
Asiërs (0,6%)
Hoofstad Mahikeng
Premier Bushy Maape (ANC)

Noordwes (Engels: North West, Tswana: Bokone-Bophirima) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Mahikeng (heet tot onlangs Mafikeng en nog algemeen gebruik). Noordwes is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes-Transvaal en die "tuisland" Bophuthatswana (uitgesluit die deel wat in die Vrystaat geleë was) en 'n noordoostelike deel van die ou Kaapprovinsie.

Die provinsiale hoofstad Mahikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was.

Ander belangrike dorpe in Noordwes is onder meer Potchefstroom, Klerksdorp, Brits, Rustenburg, Lichtenburg en Vryburg.

Demografie

[wysig | wysig bron]
Meerderheidstale in Noordwes:

   Afrikaans

   Engels

   Suid-Ndebele

   Xhosa

   Zoeloe

   Noord-Sotho

   Suid-Sotho

   Tswana

   Tsonga

   Geen meerderheidstaal

  • Bevolking (2007-sensus): 3 394 200.
  • Tale: Tswana (63,4%), gevolg deur Afrikaans (9,0%).

Distrikte

[wysig | wysig bron]
Distrikte van Noordwes

Daar is 4 distrikte in die provinsie, naamlik:

Geografie

[wysig | wysig bron]
  • Oppervlakte: Sowat 104 882 vk. km.

Ligging en topografie

[wysig | wysig bron]

Noord en wes van Noordwes lê die land Botswana, terwyl die provinsies Noord-Kaap en Vrystaat aan die suidekant, Limpopo na die noordooste en Gauteng aan die oostekant daarvan lê. Die Magaliesbergreeks is in die noordooste, en die Vaalrivier vorm die provinsie se suidelike grens. Noordwes se suidelike deel is 'n uitgestrekte vlakte, terwyl die noordelike deel grootliks yl begroeide bosveld is.

Ekonomie

[wysig | wysig bron]
'n Kunsmatige sandstrand in Sun City

Mynbou sorg vir meer as 'n derde van Noordwes se bruto binnelandse produk. Nagenoeg 94% van Suid-Afrika se platinum kom van die distrikte Rustenburg en Brits, wat meer van hierdie kosbare silwerwit metaal produseer as enige ander gebied ter wêreld. Die provinsie lewer voorts 'n kwart van die land se goud. Graniet, marmer, vloeispaat en diamante word ook ontgin.

Ondanks die mynboubedrywighede het die provinsie nog steeds 'n landelike karakter. Noordwes lewer sowat 'n derde van die land se mielies. Ander belangrike landbouprodukte in die suidelike en oostelike dele van die land is sonneblomolie, vrugte, tabak en katoen. Die westelike en noordelike dele het weer baie skaap- en beesplase.

Toerisme

[wysig | wysig bron]

Noordwes se malariavrye wildernisgebiede soos die Madikwe Wildreservaat en die Nasionale Pilanesbergpark is gewilde toeristebestemmings. So ook Sun City, 'n bekende luukse vakansieoord wat met twee gholfbane, kasino's, sportgeriewe en ander vermaaklikheidsaktiwiteite daagliks meer as 25 000 besoekers lok. Ander gewilde bestemmings vir buitelug-aktiwiteite is die Hartbeespoortdam (vir watersport) en die Magaliesberge met sy natuurskoon en voetslaanpaaie.

Opvoeding

[wysig | wysig bron]

Die Noordwes-Universiteit, wat die Potchefstroomkampus (die Pukke) insluit, is die provinsie se vernaamste tersiêre onderwysinrigting.

Bronne

[wysig | wysig bron]


Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 statssa.gov.za Geargiveer 25 Desember 2018 op Wayback Machine - 2011-sensus

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Provinsies van Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap

27°S 26°O / 27°S 26°O / -27; 26

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Noordwes
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?