For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Savoy-paleis.

Savoy-paleis

’n Tekening van die ruïnes van die Savoy-paleis.
Die Savoy-kapel.

Die Savoy-paleis (Engels: Savoy Palace), wat in Middeleeuse Londen as een van die spoggerigste meenthuise van die adel beskou is, was die woning van Jan van Gent totdat dit in 1381 in ’n opstand verwoes is. Dit was geleë tussen die Strand en die Teemsrivier – die huidige Savoy-teater en Savoy-hotel is na die paleis genoem.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die gewildste plek in die Middeleeue in Londen vir die adellikes se huise was die Strand, wat die beste deel van die seremoniële roete was tussen die stad en die Paleis van Westminster, waar die parlement en koninklike hof se sake afgehandel is. Nog ’n voordeel was ’n uitsig oor die Teems, en dit was weg van die stank, rook, sosiale onrus en brandgevaar van die stad laer af met die rivier.

In 1246 het koning Hendrik III die terrein waar die paleis gebou is, toegeken aan sy vrou se oom, Peter II, die Graaf van Savoy. Dit was later die eiendom van die hertôe van Lancaster. In die 14de eeu het dit die huis van Jan van Gent geword; hy was een van die jongste seuns van koning Eduard III en het deur sy huwelik die titel en grond van die hertôe van Lancaster geërf. Hy was die land se magsbemiddelaar en rykste burger. Die paleis was een van die mees manjifieke adelhuise in Engeland. Dit was bekend vir die eienaar se manjifieke versameling tapisserieë, juwele en ander ornamente.

Tydens die Engelse Boere-opstand van 1381 het die betogers (wat Jan kwalik geneem het vir die instelling van die kopbelasting, wat die opstand ontketen het) die Savoy en alles daarin stelselmatig verwoes. Wat nie gebreek of afgebrand kon word nie, is in die rivier gegooi. Juwele is selfs met hamers stukkend geslaan. Die terrein het desondanks die naam Savoy behou.

Hendrik VII het in sy testament opdrag gegee vir die bou van die Savoy-hospitaal vir behoeftige mense op dié terrein.[1] Dit is in 1512 geopen. Die enigste gebou van die hospitaal wat nog staan ná die sloping in die 19de eeu, is die kapel, wat gewy is aan Johannes die Doper.

Die Savoy-hotel en -teater staan vandag op dié terrein. Baie ander plekke in die omgewing het ook dié naam, soos Savoy-hof, -heuwel, -straat, -laan ens.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "VCH: "Hospital of the Savoy"" (in Engels). British-history.ac.uk. 22 Junie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2007. Besoek op 21 Desember 2011.

51°30′38″N 0°7′13″W / 51.51056°N 0.12028°W / 51.51056; -0.12028

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Savoy-paleis
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?