For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Hampton Court-paleis.

Hampton Court-paleis

Die groot poorthuis van Hampton Court-paleis.
Die fonteinhof.

Hampton Court-paleis (Engels: Hampton Court Palace) is ’n koninklike woning in die Londense borough Richmond upon Thames, in die historiese county Middlesex. Dit word sedert die 18de eeu nie deur die Britse koningsgesin bewoon nie. Dit is oorspronklik omstreeks 1514 vir kardinaal Thomas Wolsey, ’n begunstigde van koning Hendrik VIII, laat bou. In 1529 het Wolsey in onguns geraak by die koning; die paleis het die monarg se eiendom geword en hy het dit laat vergroot.

In die volgende eeu het koning Willem III groot aanbouings en uitbreidings aangebring om die Paleis van Versailles te ewenaar.[1] Die werk is in 1694 beëindig, en die paleis het twee kontrasterende boustyle behou: die Tudor-styl en barok. Desondanks word eenheid geskep deur die gebruik van pienk stene en ’n simmetrie van lae vleuels.[2]

Dit is een van twee paleise van Hendrik VIII wat geboue gebly het. Die ander een is Sint James-paleis. Hampton Court is oop vir die publiek. ’n Onafhanklike welsynorganisasie versorg die paleis – hulle kry geld van die regering en die koningin.[3] Benewens die paleis self, is besienswaardighede die bekende Hampton Court-doolhof, ’n historiese tennisbaan en ’n groot wingerd. Daar word ook ’n jaarlikse fees en blommeskou gehou.

Onlangse geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Sedert die bewind van koning George II het geen monarg hier gewoon nie. Koning George III het ná sy troonbestyging nooit ’n voet in die paleis gesit nie omdat hy dit verbind het met ’n vernederende voorval toe sy oupa hom hier geslaan het ná ’n onskuldige opmerking.[4]

In 1796 is die groot saal gerestoureer en in 1838, tydens die bewind van koningin Victoria, is restourasiewerk voltooi en die paleis vir die publiek oopgestel. Ná ’n brand in 1986 is die paleis weer gerestoureer; die werk is in 1990 voltooi.

500ste herdenking

[wysig | wysig bron]

Hampton Court het in 2015 sy 500ste herdenking gevier.[5][6] Die viering sluit daaglikse gedramatiseerde historiese tonele in.[7]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Dynes, Wayne (1968). Palaces of Europe. Londen, bl. 90: Hamlyn. OCLC 37658.((cite book)): AS1-onderhoud: plek (link)
  2. Dynes, Wayne (1968). Palaces of Europe. Londen, bl. 86: Hamlyn. OCLC 37658.((cite book)): AS1-onderhoud: plek (link)
  3. "Historic Royal Palaces > Home > About us > Who we are" (in Engels). Hrp.org.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2011. Besoek op 12 Julie 2011.
  4. Williams, Neville (1971). Royal Homes. Lutterworth Press, bl. 54. ISBN 0-7188-0803-7
  5. Historic Royal Palaces. "Hampton Court Palace celebrates its 500th anniversary in 2015". hrp.org.uk (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2015. Besoek op 11 Februarie 2015.
  6. Historic Royal Palaces. "Historic Royal Palaces". hrp.org.uk (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 11 Februarie 2015.
  7. "Hampton Court Palace – Henry Claims the Palace". pastpleasures.co.uk (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2017. Besoek op 11 Februarie 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

51°24′12″N 0°20′15″W / 51.40333°N 0.33750°W / 51.40333; -0.33750

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Hampton Court-paleis
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?