For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Pous Zefirinus.

Pous Zefirinus

Taalgebruik moet nagegaan word: Die teks moet vir spelling, sinsbou en woordkeuse nagegaan word. Indien dit nie binne twee weke versorg word nie, mag dit vir verwydering kwalifiseer.
Pous Zefirinus
Geboortenaam Zefirinus
Pontifikaat begin 199
Pontifikaat eindig 20 Desember 217
Voorganger Victor I
Opvolger Callixtus I
Gebore
Rome, Italië
Sterf 20 Desember 217
Rome, Italië
Sint Pous Zefirinus
Gebore Rome, Italië
Sterfte 20 Desember 217, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Pelgrimsoord Katakombes van Sint Callixtus I
Feesdag 20 Desember
Beskermheilige Caldari

Zefirinus was die vyftiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Pous Zefirinus was 'n Romein van geboorte. Sy geboortedatum is onbekend. Hy is oorlede op 20 Desember 217. In 199 volg hy Pous Victor I op en word na sy dood opgevolg deur Pous Callixtus I. Hy is begrawe in 'n aparte kript in die Callixtus-begraafplaas op die Via Appia. Die naam Zefirinus beteken “westewind”.

Pontifikaat

[wysig | wysig bron]

Pous Zefirinus lei die Kerk in die 3de eeu, 'n periode gekenmerk deur dogmatiese probleme oor die Drie-eenheid, gnostieke leerstellings, montanisme en modalisme. Sy beeld word veral bepaal deur die geskrifte van die latere teenpous Hippolitus. Hy noem Zefirinus “swak en korrup”. Hy verwyt Zefirinus laksheid jeens die sabellianisme en die monargianisme. Desondanks word die verspreider van die opvattings Noëtius van Smirna deur Zefirinus met die instemming van sy raadsman die latere Pous Callixtus geëkskommunikeer. Hippolitus en Pous Zefirinus het veral verskil oor boetedoening. Zefirinus en Callixtus was van mening dat boetedoening en vergiffenis herhaal kan word na terugval in die sonde, terwyl Hippolitus dit veroordeel het. Dit het in 217 tot 'n skisma gelei.

Zefirinus het in die spoor van die konflikte rond Noëtius van Smirna die eerste pouslike uitspraak ex cathedra gemaak: “”Ek erken slegs een God, Jesus Christus, en geen ander, wat gebore is of geleef het.” Met die dogmaformulering skep Zefirinus 'n versoeningsmoontlikheid met die modalistiese patripassiane van Kleomenes wat die leer van Noëtius van Smirna aangehang het, asook die ditheïstiese opvattings van Hippolitus.

Zefirinus voer ook 'n paar kleiner gebruike in soos die hostieskaal of siborie en die kristalkelk. Hy het ook die ouderdomsgrens vir nagmaal vasgestel op 14 jaar iets wat onveranderd gebly het totdat Pous Pius X dit na 7 jaar verlaag het.

Die Christenvervolgings het verskerp tydens die bewind van Zefirinus. 'n Deel daarvan het verband gehou met die feit dat die keiser Septimius Severus in 203 'n herdenking ter viering van sy die tiende bewindsjaar gehou het. Christene het die vierings nie bygewoon nie. Later die jaar het die keiser 'n edik uitgevaardig wat bekering tot die Christendom verbied het met baie swaar strawwe. Dit was alles deel van Septimius se beleid om 'n enkele Romeinse godsdiens tot stand te bring.

'n Teenpous Natalius, wat biskop van 'n mededingende Christelike sekte in Rome was, het glo onderdanigheid aan Pous Zefrinus beloof “in sak en as” nadat hy “deurnag deur heilige engele gegesel is.”

Geskiedskrywers is verdeel oor die daadkrag of gebrek daaraan wat Zefirinus aan die dag gelê het, maar almal is dit eens dat sy raadgewer en opvolger Callixtus 'n groot invloed op hom gehad het.

Verering

[wysig | wysig bron]

Pous Zefrinus word as heilige in die Rooms-Katolieke Kerk vereer. Sy feesdag is op 26 Augustus.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  • Catholic Encyclopedia: "Pope St. Zephyrinus" (1913)
  • Rendina, Claudio, The Popes Histories and Secrets (2002)
  • Pierre de Luz - Histoire des Papes - Albin Michel - 1960
  • Michel Lhospice - La succession des 261 papes de l'église romaine - Les Cahier de l'Histoire nº21 Oktober 1962

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Opvolging

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Victor I
Biskop van Rome
199217
Opgevolg deur
Callixtus I
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Pous Zefirinus
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?