For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Dobbertjies.

Dobbertjies

Dobbertjies
Swartnekdobbertjie (P. n. nigricollis) in Japan
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
(geen rang):
Mirandornithes
Orde:
Podicipediformes

Fürbringer, 1888
Familie:
Podicipedidae

Bonaparte, 1831
Genera

Sien teks.

Diversiteit
1 familie, 6 genera, 22 spesies

Dobbertjies is watervoëls in die familie Podicipedidae wat aan die orde Podicipediformes behoort. Hulle het 'n wêreldwye verspreiding en kan op vars-, brak- of soutwaters voorkom.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]
Die kop en lobbig-gewebde tone van 'n bontbekdobbertjie (Podilymbus podiceps), 'n wydverspreide spesie in die Nuwe Wêreld

Dobbertjies mag na eende of bleshoenders lyk maar verskil morfologies in etlike opsigte. Die snawel is skerp en effens sydelings afgeplat, eerder as spatelformig, en daar is geen helm teen die voorkop nie. Ook besit hulle geen lamelle teen die snawelrand vir filtervoeding nie. Hul pote is ver na agter op die liggaam geplaas (Podilymbus beteken tewens "voete by die boude"), 'n bouvorm wat nuttig is vir aandrywing tydens swem- of duikmaneuvers, maar 'n hindernis op land is. In stede van gewebde pote soos by eende, is elk van die vier tone breed gelob en los van mekaar. Hul vlerke is kort en smal, sonder die kleurryke specula van eende. Die stert is rudimentêr of bykans afwesig.

Verspreiding en habitat

[wysig | wysig bron]

Dobbertjies kom op al die kontinente van die aarde voor. Hulle leef in varswater (damme of stadigvloeiende riviere), maar sommige spesies sal na soutwater (see) uitwyk terwyl hulle na ander gebiede migreer.

Gewoontes

[wysig | wysig bron]

Hulle vreet meestal vis en ander ongewerwelde waterdiertjies. Party dobbertjies verloor al hulle slagvere gelyk, en dan nie vlieg alvorens die nuwes uitkom nie. Hofmakerige of mededingende mannetjies voer uitgebreide waterdanse in pare uit. Dobbertjies bou (soos langtone) drywende neste wat gewoonlik aan 'n aanliggende plant geanker is sodat dit nie wegdrywe nie. Wanneer hulle van gevaar ontkom duik hulle in die water weg eerder as om te vlieg.[1]

Taksonomie

[wysig | wysig bron]

Die familie (en orde) bestaan uit 22 spesies wat in die volgende genera onderverdeel is:[2]

  • Aechmophorus
  • Podiceps
  • Podilymbus
  • Poliocephalus
  • Rollandia
  • Tachybaptus

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Chapman, Frank M. (American Museum of Natural History); Reed, Chester A. (1903). Color key to North American birds: Synopsis of Orders and Families. New York: Doubleday, Page & company. p. 9. Besoek op 14 Maart 2024.
  2. Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (version 2.6). (en)
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Dobbertjies
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?