Krieketwêreldbeker 1992
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1992 | |
Datums | 22 Februarie – 25 Maart |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Australië Nieu-Seeland |
Kampioen | Pakistan (1ste titel) |
Naaswenner | Engeland |
Deelnemers | 9 (26 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 39 |
Speler van die reeks | Martin Crowe |
Meeste lopies | Martin Crowe (456)[1] |
Meeste paaltjies | Wasim Akram (18)[2] |
← 1987 1996 → |
Die Krieketwêreldbeker 1992 (Engels: 1992 Cricket World Cup) is van 22 Februarie tot 25 Maart 1992 in Australië en Nieu-Seeland beslis. Dit was die vyfde krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in die Suidelike Halfrond. Anders as die gewone interval van vier jaar is dit by uitsteek vyf jaar ná die vorige Krieketwêreldbeker 1987 aangebied. Die Krieketwêreldbeker 1992 is deur die sigarethandelsmerk Benson & Hedges geborg en staan dus amptelik bekend as die Benson & Hedges Wêreldbeker 1992.
Nege nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1992 deelgeneem: Die destydse agt toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1990-wenner Zimbabwe. Tydens die Krieketwêreldbeker 1992 is 39 wedstryde gespeel, waaronder 36 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Al die spanne het in een groep gespeel en elke span het een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan. ’n Soortgelyke formaat is later in die 2019-toernooi in Engeland aangewend en sal ook by die volgende Krieketwêreldbeker 2023 in Indië gebruik word.[3]
Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika en Pakistan het Nieu-Seeland geklop, voordat Pakistan die eindstryd op Melbourne-krieketveld in Melbourne teen Engeland met 22 lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Die verdedigende kampioen en medegasheer Australië is reeds in die groepfase uitgeskakel en het daarmee die eerste gasheerland en verdedigende kampioen in die Krieketwêreldbekergeskiedenis geword wat nie tot die uitklopfase deurgedring het nie. Dit is die laaste keer tot in die 2019-toernooi wat twee spanne in die eindwedstryd ontmoet wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Nadat Suid-Afrika ná die einde van apartheid weer as toetsland by die Internasionale Krieketraad aangesluit het, het die Proteas vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbeker deelgeneem. Zimbabwe het vir ’n derde keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n vyfde keer verskyn het.
Die Krieketwêreldbeker 1992 was die eerste waartydens gekleurde spelertruie, wit krieketballe, sigskerms en spreiligte gebruik is. Die ingevoerde reënreël, wat die ou stelsel se probleme met reën sou oplos, is ná die toernooi as onsuksesvol beskou. Die hoofrede hiervoor was die halfeindstryd tussen Engeland en Suid-Afrika.[4]
Toewysing
[wysig | wysig bron]Die Krieketwêreldbeker 1992 is toegewys aan Australië en Nieu-Seeland, nadat die IKR die vorige Krieketwêreldbeker 1987 ondanks Engelse weerstand aan Indië en Pakistan toegeken en ná onderhandelinge ’n rotasiestelsel goedgekeur het.[5]
Deelnemers
[wysig | wysig bron]Die volgende nege spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1992 gekwalifiseer: Australië (medegasheer), Engeland, Indië, Nieu-Seeland (medegasheer), Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1992 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKR-trofee 1990 teen Nederland te wen. Zimbabwe het ná dié toernooi ’n volle lid geword en hul eerste toetswedstryd later in 1992 gespeel. Vir die eerste keer het Suid-Afrika as die agtste volle lid van die IKR aan dié toernooi deelgeneem en hulle het hul eerste toetswedstryd ná 22 jaar teen Wes-Indië een maand ná die Krieketwêreldbeker 1992 gespeel.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Australië | Gashere | Vyfde | 1987 | Kampioen (1987) |
Nieu-Seeland | Vyfde | 1987 | Halfeindrondte (1975, 1979) | |
Engeland | Volle lede | Vyfde | 1987 | Naaswenner (1979, 1987) |
Indië | Vyfde | 1987 | Kampioen (1983) | |
Pakistan | Vyfde | 1987 | Halfeindrondte (1979, 1983, 1987) | |
Sri Lanka | Vyfde | 1987 | Groepfase (1975, 1979, 1983, 1987) | |
Suid-Afrika | Eerste | – | Debuut | |
Wes-Indië | Vyfde | 1987 | Kampioen (1975, 1979) | |
Zimbabwe | IKR-trofee 1990-wenner | Derde | 1987 | Groepfase (1983, 1987) |
Stadions
[wysig | wysig bron]Australië het 25 wedstryde op elf verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 14 wedstryde op sewe plekke aangebied het.
Formaat
[wysig | wysig bron]Die Krieketwêreldbeker 1992 is oor 33 dae tussen nege verskillende spanne oor 39 wedstryde beslis. Dit het op 22 Februarie 1992 op Edenparkstadion in Auckland, Nieu-Seeland, met die openingswedstryd tussen die twee gashere Nieu-Seeland en Australië begin. Die toernooi het geëindig op Melbourne-krieketveld in Melbourne, Australië, op 25 Maart met die eindstryd tussen Pakistan en Engeland, waartydens Pakistan die Benson & Hedges Wêreldbeker ingepalm het.
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1992 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Groepfase Februarie/Maart |
Sa 22 |
So 23 |
Ma 24 |
Di 25 |
Wo 26 |
Do 27 |
Vr 28 |
Sa 29 |
So 1 |
Ma 2 |
Di 3 |
Wo 4 |
Do 5 |
Vr 6 |
Sa 7 |
So 8 |
Ma 9 |
Di 10 |
Wo 11 |
Do 12 |
Vr 13 |
Sa 14 |
So 15 |
Ma 16 |
Di 17 |
Wo 18 |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | |||||||||||||||||||||||||
Groepfase | 2 | 2 | 1 | 1 | 2 | 1 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | 2 | 1 | 2 | 1 | 2 | 1 | 1 | 3 | 3 | ||||
Uitklopfase Maart |
Do 19 |
Vr 20 |
Sa 21 |
So 22 |
Ma 23 |
Di 24 |
Wo 25 | |||||||||||||||||||
Uitklopfase | 1 | 1 | 1 |
Verklaring | |
Seremonies | |
Groepwedstryde | |
Uitklopfase | |
Eindstryd |
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die Krieketwêreldbeker 1992 is deur nege nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die nege deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span agt wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
[wysig | wysig bron]’n Paneel van elf skeidsregters en twee wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.
Skeidsregters
[wysig | wysig bron]
|
|
Wedstrydbeamptes
[wysig | wysig bron]- Peter Burge (Australië)
- Frank Cameron (Nieu-Seeland)
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Nege spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Gel | NLT | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 8 | 7 | 1 | 0 | 0 | +0.59 | +4.76 | 14 |
Engeland | 8 | 5 | 2 | 1 | 0 | +0.47 | +4.36 | 11 |
Suid-Afrika | 8 | 5 | 3 | 0 | 0 | +0.14 | +4.36 | 10 |
Pakistan | 8 | 4 | 3 | 1 | 0 | +0.17 | +4.33 | 9 |
Australië | 8 | 4 | 4 | 0 | 0 | +0.20 | +4.22 | 8 |
Wes-Indië | 8 | 4 | 4 | 0 | 0 | +0.07 | +4.14 | 8 |
Indië | 8 | 2 | 5 | 1 | 0 | +0.14 | +4.95 | 5 |
Sri Lanka | 8 | 2 | 5 | 1 | 0 | −0.68 | +4.21 | 5 |
Zimbabwe | 8 | 1 | 7 | 0 | 0 | −1.14 | +4.03 | 2 |
t
|
||
Martin Crowe 100* (134)
Craig McDermott 2/43 (10 boulbeurte) |
David Boon 100 (133)
Gavin Larsen 3/30 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Martin Crowe (NZ) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- David Boon (Aus) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
t
|
||
Robin Smith 91 (108)
Manoj Prabhakar 2/34 (10 boulbeurte) |
Ravi Shastri 57 (112)
Dermot Reeve 3/38 (6 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
Andy Flower 115* (152)
Pramodya Wickramasinghe 2/50 (10 boulbeurte) |
Arjuna Ranatunga 88* (61)
Eddo Brandes 3/70 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Andy Flower, Wayne James en Kevin Duers (almal Zim) het hul EDI-debuut gemaak.
- Andy Flower (Zim) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
t
|
||
Rameez Raja 102* (158)
Roger Harper 1/33 (10 boulbeurte) |
Desmond Haynes 93* (144)
Wasim Akram 0/37 (10 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Iqbal Sikander en Wasim Haider (albei Pak) het hul EDI-debuut gemaak.
- Rameez Raja (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Brian Lara (WI) het met pyn by 175/0 afgetree.
t
|
||
Roshan Mahanama 80 (131)
Willie Watson 3/37 (10 boulbeurte) |
Ken Rutherford 65* (71)
Ruwan Kalpage 2/33 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
David Boon 27 (32)
Allan Donald 3/34 (10 boulbeurte) |
Kepler Wessels 81* (148)
Peter Taylor 1/32 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Hansie Cronjé, Jonty Rhodes en Meyrick Pringle (almal RSA) het hul EDI-debuut gemaak.
- Ian Healy span ’n hardloper (Dean Jones; albei Aus) in nadat hy ’n dyspierbesering opgedoen het (118/5).
- David Boon (Aus) hou paaltjie dwarsdeur die Suid-Afrikaanse kolfbeurt. Mark Waugh doen veldwerk pleks van Ian Healy (albei Aus) vir die hele kolfbeurt.
- Dit is Suid-Afrika se eerste krieketwêreldbekeroorwinning.
- Dit is die laaste keer tot in die 2019-toernooi wat Suid-Afrika Australië in ’n krieketwêreldbekerwedstryd kan klop.[7]
t
|
||
Aamer Sohail 114 (136)
Iain Butchart 3/57 (10 boulbeurte) |
Andy Waller 44 (36)
Wasim Akram 3/21 (10 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Aamer Sohail (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
t
|
||
Keith Arthurton 54 (101)
Chris Lewis 3/30 (8.2 boulbeurte) |
Graham Gooch 65 (101)
Winston Benjamin 2/22 (9.5 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
Kris Srikkanth 1* (2)
Champaka Ramanayake 0/1 (0.2 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die wedstryd is aanvanklik verkort tot 20 boulbeurte per span as gevolg van reën. ’n Helikopter is gebruik om die veld te droog, maar toe die spel begin het, het reën ingesak en die wedstryd is verlaat.
- Ajay Jadeja (Ind) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
Peter Kirsten 90 (129)
Willie Watson 2/30 (10 boulbeurte) |
Mark Greatbatch 68 (60)
Peter Kirsten 1/22 (7 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Tertius Bosch (RSA) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
Brian Lara 72 (71)
Eddo Brandes 3/45 (10 boulbeurte) |
Ali Shah 60* (87)
Winston Benjamin 3/27 (10 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Alistair Campbell (Zim) het sy EDI-debuut gemaak.
- Kevin Arnott (Zim) het met pyn by 43/2 afgetree.
t
|
||
Dean Jones 90 (108)
Kapil Dev 3/41 (10 boulbeurte) |
Mohammad Azharuddin 93 (102)
Tom Moody 3/56 (9 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën onderbreek die spel na 16.2 boulbeurte tydens die Indiese kolfbeurt (45/1). Indië se teiken hersien tot 236 lopies in 47 boulbeurte.
- 13 lopies uit die laaste ses aflewerings en vyf lopies uit vier aflewerings was nodig om te wen.
t
|
||
Saleem Malik 17 (20)
Derek Pringle 3/8 (8.2 boulbeurte) |
Ian Botham 6* (22)
Wasim Akram 1/7 (3 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Slegs agt boulbeurte van Engeland se kolfbeurt is gespeel voordat reën ingesak het.
- Pakistan teken sy laagste telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan.[8]
t
|
||
Peter Kirsten 47 (81)
Don Anurasiri 3/41 (10 boulbeurte) |
Roshan Mahanama 68 (121)
Allan Donald 3/42 (9.5 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Mark Rushmere en Omar Henry (albei RSA) het hul EDI-debuut gemaak.
t
|
||
Martin Crowe 74* (43)
Kevin Duers 1/17 (6 boulbeurte) |
Andy Flower 30 (28)
Chris Harris 3/15 (4 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nieu-Seeland se kolfbeurt is onderbreek by 9/1 (2.1 boulbeurte). Wedstryd verkort tot 35 boulbeurte per span. Verdere onderbreking by 52/2 (11.2 boulbeurte). Wedstryd verkort tot 24 boulbeurte per span. Kolfbeurte beëindig deur ’n derde onderbreking ná 20.5 boulbeurte. Zimbabwe het ’n teiken van 154 lopies in 18 boulbeurte aangeteken. (’n Duckworth-Lewis-Stern-berekening volgens die 2006-reëls sou ’n teiken van 150 lopies gestel het.)
- Mark Burmester (Zim) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
Sachin Tendulkar 54* (62)
Mushtaq Ahmed 3/59 (10 boulbeurte) |
Aamer Sohail 62 (95)
Manoj Prabhakar 2/22 (10 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd verkort tot 49 boulbeurte per span weens ’n stadige boultempo deur Pakistan.
- Dit is die eerste krieketwêreldbekerwedstryd tussen Indië en Pakistan.
t
|
||
Peter Kirsten 56 (91)
Malcolm Marshall 2/26 (10 boulbeurte) |
Gus Logie 61 (69)
Meyrick Pringle 4/11 (8 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Desmond Haynes (WI) het met pyn by 13* lopies van 50/4 tot 70/6 afgetree.
t
|
||
Tom Moody 51 (88)
Ian Botham 4/31 (10 boulbeurte) |
Graham Gooch 58 (112)
Mike Whitney 1/28 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
Sachin Tendulkar 81 (77)
John Traicos 3/35 (6 boulbeurte) |
Andy Flower 43* (56)
Sachin Tendulkar 1/35 (6 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Nadat reën die vroeë afsluiting van die Indiese kolfbeurt afgedwing het, is die teiken hersien tot 159 lopies in 19 boulbeurte.
- Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
Aravinda de Silva 62 (83)
Peter Taylor 2/34 (10 boulbeurte) |
Geoff Marsh 60 (113)
Pramodya Wickramasinghe 2/29 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
Brian Lara 52 (81)
Gavin Larsen 2/41 (10 boulbeurte) |
Martin Crowe 81* (81)
Winston Benjamin 2/34 (9.3 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Hierdie is Malcolm Marshall (WI) se laaste EDI-wedstryd.
t
|
||
Andrew Hudson 54 (77)
Imran Khan 2/34 (10 boulbeurte) |
Inzamam-ul-Haq 48 (44)
Adrian Kuiper 3/40 (6 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Toe Pakistan op 74/2 in 21.3 boulbeurte was, het reën die speel vir ’n uur onderbreek en die teiken is hersien na 194 lopies in 36 boulbeurte. (’n Duckworth-Lewis-Stern-berekening volgens die 2006-reëls sou ’n teiken van 162 lopies gestel het.)
t
|
||
Neil Fairbrother 63 (70)
Asanka Gurusinha 2/67 (10 boulbeurte) |
Arjuna Ranatunga 36 (51)
Chris Lewis 4/30 (8 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
Mohammad Azharuddin 61 (84)
Anderson Cummins 4/33 (10 boulbeurte) |
Keith Arthurton 58* (99)
Javagal Srinath 2/23 (9 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
t
|
||
Eddo Brandes 20 (28)
Peter Kirsten 3/31 (5 boulbeurte) |
Kepler Wessels 70 (137)
Malcolm Jarvis 1/23 (9 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Andy Flower (Zim) het met pyn by 6* lopies van 26/1 tot 80/5 afgetree.
t
|
||
Aamer Sohail 76 (104)
Steve Waugh 3/36 (10 boulbeurte) |
Dean Jones 47 (79)
Aaqib Javed 3/21 (8 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
Sachin Tendulkar 84 (107)
Chris Harris 3/55 (9 boulbeurte) |
Mark Greatbatch 73 (77)
Manoj Prabhakar 3/46 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ajay Jadeja (Ind) het met pyn by 22/1 afgetree.
- Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
Kepler Wessels 85 (126)
Graeme Hick 2/44 (8.2 boulbeurte) |
Alec Stewart 77 (88)
Richard Snell 3/42 (7.5 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën het die speel vir 43 minute onderbreek tydens Engeland se kolfbeurt toe hulle op 62/0 in 12.0 boulbeurte was. Die teiken is hersien na 226 lopies in 41 boulbeurte.
- Dit is die laaste keer tot in die 2019-toernooi wat Engeland tot die uitklopfase gevorder het.[9]
t
|
||
Phil Simmons 110 (125)
Chandika Hathurusingha 4/57 (8 boulbeurte) |
Athula Samarasekera 40 (41)
Carl Hooper 2/19 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Phil Simmons (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
Mark Waugh 66* (39)
John Traicos 1/30 (10 boulbeurte) |
Eddo Brandes 23 (28)
Peter Taylor 2/14 (3.4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën onderbreek die speel na Australië se 72/1 in 15 boulbeurte. Wedstryd verkort tot 46 boulbeurte per span.
t
|
||
Graeme Hick 56 (70)
Dipak Patel 2/26 (10 boulbeurte) |
Andrew Jones 78 (113)
Ian Botham 1/19 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
Mohammad Azharuddin 79 (77)
Adrian Kuiper 2/28 (6 boulbeurte) |
Peter Kirsten 84 (86)
Manoj Prabhakar 1/33 (5.1 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 30 boulbeurte per span.
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die uitklopfase.
t
|
||
Aravinda de Silva 43 (56)
Mushtaq Ahmed 2/43 (10 boulbeurte) |
Javed Miandad 57 (84)
Champaka Ramanayake 2/37 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
Mark Greatbatch 42 (67)
Wasim Akram 4/32 (9.2 boulbeurte) |
Rameez Raja 119* (155)
Danny Morrison 3/42 (10 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Rameez Raja (Pak) teken sy tweede krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Pakistan vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
David Houghton 29 (74)
Ian Botham 3/23 (10 boulbeurte) |
Alec Stewart 29 (96)
Eddo Brandes 4/21 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
David Boon 100 (147)
Andy Cummins 3/38 (10 boulbeurte) |
Brian Lara 70 (97)
Mike Whitney 4/34 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- David Boon (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
21 Maart – Auckland | ||||||
Nieu-Seeland | 262/7 | |||||
Pakistan | 264/6 | 25 Maart – Melbourne | ||||
Pakistan | 249/6 | |||||
22 Maart – Sydney | Engeland | 227 | ||||
Engeland | 252/6 | |||||
Suid-Afrika | 232/6 |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]t
|
||
Inzamam-ul-Haq 60 (37)
Willie Watson 2/39 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Mark Greatbatch (NZ) is as ’n hardloper ingespan vir Martin Crowe (albei NZ) vanaf die val van die vierde paaltjie (en is uitgehardloop toe hy probeer om ’n tweede lopie vir Crowe aan te teken.)
t
|
||
Graeme Hick 83 (90)
Meyrick Pringle 2/36 (9 boulbeurte) |
Andrew Hudson 46 (52)
Richard Illingworth 2/46 (10 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën onderbreek die spel voor die laaste bal in die 43ste boulbeurt. Suid-Afrika het toe 21 lopies uit 13 aflewerings vir ’n oorwinning benodig. Met twee verlore boulbeurte weens reën is die teiken verminder na 22 lopies met slegs een bal, dus 'n onhaalbare teiken.[10][11]
- ’n Duckworth-Lewis-Stern-berekening volgens die 2006-reëls sou vir Suid-Afrika eers ’n teiken van 273 lopies in 45 boulbeurte gestel het, en dit vervolgens tot 257 lopies uit 43 boulbeurte verminder.
Eindstryd
[wysig | wysig bron]t
|
||
Imran Khan 72 (110)
Derek Pringle 3/22 (10 boulbeurte) |
Neil Fairbrother 62 (70)
Mushtaq Ahmed 3/41 (10 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Hierdie is Imran Khan (Pak) se laaste EDI-wedstryd.
- Aamer Sohail is as ’n hardloper vir ’n deel van Javed Miandad (albei Pak) se kolfbeurt ingespan.
- Alec Stewart is as ’n hardloper vir Neil Fairbrother (albei Eng) ingespan nadat hy 51 lopies aangeteken en ’n kramp in sy kuitspier ondervind het.
Krieketwêreldkampioen 1992 |
---|
Pakistan |
Statistiek
[wysig | wysig bron]Finale puntestand
[wysig | wysig bron]Hierdie tabel toon die finale puntestand van al nege deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1992.
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Onb | Ver | LV | LT | +/– | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Pakistan | – | 10 | 6 | 1 | 3 | 2010 | 1912 | +98 | 13 | |
2 | Engeland | – | 10 | 6 | 1 | 3 | 1903 | 1855 | +48 | 13 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Nieu-Seeland | – | 9 | 7 | 0 | 2 | 1877 | 1776 | +101 | 14 | |
4 | Suid-Afrika | – | 9 | 5 | 0 | 4 | 1780 | 1689 | +91 | 10 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
5 | Australië | – | 8 | 4 | 0 | 4 | 1680 | 1531 | +149 | +4.22 | 8 |
6 | Wes-Indië | – | 8 | 4 | 0 | 4 | 1603 | 1565 | +38 | +4.14 | 8 |
7 | Indië | – | 8 | 2 | 1 | 5 | 1488 | 1357 | +131 | +4.95 | 5 |
8 | Sri Lanka | – | 8 | 2 | 1 | 5 | 1469 | 1672 | –203 | +4.21 | 5 |
9 | Zimbabwe | – | 8 | 1 | 0 | 7 | 1345 | 1750 | –405 | +4.03 | 2 |
Meeste lopies en paaltjies
[wysig | wysig bron]Meeste lopies aangeteken:[1]
|
Meeste paaltjies geneem:[2]
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Records / Benson & Hedges World Cup, 1991/92 / Most Runs". ESPNcricinfo. 25 Maart 1992. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Records / Benson & Hedges World Cup, 1991/92 / Most Wickets". ESPNcricinfo. 25 Maart 1992. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "The 1992 World Cup in Australia and New Zealand – Imran's Tigers turn the corner". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) Martin Williamson (17 Maart 2007). "Ruling an impossible target". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2007. Besoek op 25 Maart 2007.
- ↑ (en) Amrit Mathur (22 Desember 2014). "The World Cup leaves England". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 6,5 6,6 6,7 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals/ Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "Australia lose thriller; face England in the semis". Cricbuzz. 6 Julie 2019. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) Bharath Seervi (31 Mei 2019). "Pakistan crash to their biggest World Cup defeat". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) Stephan Shemilt (3 Julie 2019). "England v New Zealand: Hosts reach World Cup semi-finals". BBC. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "Stump the Bearded Wonder No 143". BBC. 28 Maart 2007. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) Allan Lamb (21 Maart 2009). "22 March 1992: Rain saves England in World Cup semi-final". The Guardian. Besoek op 7 April 2023.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Peter Murray (2019). World Cup Cricket – A Complete History. G2 Entertainment. ISBN 978-1-78281-491-7.
- (en) Andrew Roberts (2019). A History & Guide to the Cricket World Cup. Pen & Sword Books Limited. ISBN 978-1-5267-5361-8.
- (en) Phil Walker; Reynolds Harman (2019). The Official History of the ICC Cricket World Cup. Jellyfish Publishing Solutions. ISBN 978-1-909811-47-8.
((cite book))
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Mark Browning; James Grapsas (2014). A Complete History of World Cup Cricket. New Holland Publishers.
((cite book))
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) James Alter (2011). The History of World Cup Cricket. Roli Books. ISBN 978-8174368416.
- (en) Mark Browning (1999). A complete history of World Cup Cricket 1975–1999. Simon & Schuster. ISBN 0-7318-0833-9.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 1992. |
- (en) 1992 World Cup in Australia and New Zealand
- (en) Benson & Hedges World Cup, 1991/92
- (en) The 1992 World Cup
- (en) Benson & Hedges World Cup 1991/92 – Fixtures and Results
- (en) Benson & Hedges World Cup Cricket op IMDb
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.