For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Paaltjiewagter.

Paaltjiewagter

'n Paaltjiewagter in tipiese posisie. Hierdie paaltjiewagter hurk naby aan die paaltjies, vir 'n stadige bouler of draaibalbouler.
Spesiale handskoene vir 'n paaltjiewagter. Die web tussen die duim en wysvinger is aanmekaar gewerk om die duim te ondersteun.

Die paaltjiewagter is 'n veldwerkposisie in die spel krieket. Die rol van die paaltjiewagter word in krieketwet nr. 27 beskryf [1]

Die paaltjiewagter is 'n spesialisveldwerker van die boul- en veldwerkspan wat direk agter die paaltjies plek inneem, en is die enigste speler wat verantwoordelik is om ál die balle wat geboul word af te keer (of te vang) indien die kolwer nie 'n hou met die kolf kon/wou uitvoer nie.

Dit kom verder daarop neer dat die paaltjiewagter in 'n posisie is om die meeste vangskote van enige veldwerker te neem, aangesien hy direk in die vlug van die bal staan (of hurk) wanneer dit deurskiet van, of moontlik skrams gereflekteer word (Engels: "nicked") deur die kolwer voor die paaltjies.

Die paaltjiewagter moet ook sorg dat die teenstander-kolwer altyd binne sy kolfkampie bly, deur te dreig om 'n stonkpoging uit te voer wanneer die kolwer "ronddwaal" buite die kampie, nadat hy die bouler se aflewering agter gevang het.

'n Verdere belangrike taak van 'n paaltjiewagter is om, wanneer 'n dryfhou deur die kolwer uitgevoer is, direk by die paaltjies aan sy kant stelling in te neem. Hy doen dit in afwagting van die bal wat deur 'n medespanlid (veldwerker) teruggegooi sal word na die paaltjies toe van bv. die dekveld of die grens af. Indien hy die bal vroeg terug ontvang, kan hy die kolwer uithardloop deur sy paaltjies om te gooi. Aangesien hy die enigste veldwerker is wat handskoene mag dra, is dit die veiligste opsie om die bal na hóm in te gooi, eerder as na 'n veldwerker aan die bouler se kant (of die bouler self), waar hy sy hande kan beseer deur 'n harde ingooi.

Die paaltjiewagter is ook die enigste veldwerker wat beenskutte dra, alhoewel hulle deesdae korter en ligter is as kolfbeenskutte.

Uit bostaande kan afgelei word dat die paaltjiewagter 'n spesialisposisie op die veld is.

Adam Gilchrist van Australië is die paaltjiewagter agter die kolwer Andrew Strauss.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Law 27: The wicket-keeper". Londen: Marylebone Cricket Club. 2017. Besoek op 18 Augustus 2021. ((cite journal)): Cite journal requires |journal= (hulp)
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Paaltjiewagter
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?