For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Kameel.

Kameel

Kameel
'n Dromedaris, Camelus dromedarius
'n Baktriese kameel, Camelus bactrianus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Camelus

Linnaeus, 1758
Spesies

Camelus bactrianus
Camelus dromedarius
Camelus gigas (fossiel)
Camelus hesternus (fossiel)
Camelus sivalensis (fossiel)

Verspreiding van die Dromedaris
Verspreiding van die Baktriese kameel

Die kameel is een van twee spesies groot, gelyktonige hoefdiere in die genus Camelus, naamlik die Dromedaris-met sy enkele boggel en die Baktriese kameel met twee boggels. Albei is inheems aan die droë en woestyngebiede van Asië en Noord-Afrika.

Die naam kameel is afgelei van die Griekse kamelos of Hebreeuse gamal.

Die term kameel word in die breër sin gebruik om enige van die ses kameelagtige diersoorte in die familie Camelidae te beskryf. Die familie bestaan uit die twee bogenoemde ware kamele, asook die vier Suid-Amerikaanse kameelagtiges, naamlik die llama, alpakka, guanaco en vikoenja.

  • Familie Camelidae
    • Genus Lama:
      • Llama Lama glama
        • Alpakka Lama glama pacos
      • Guanaco Lama guanicoe
    • Genus Vicugna:
      • Vikoenja Vicugna vicugna
    • Genus Camelus

Kamele is bekend vir hul boggels, waarin daar nie water geberg word soos algemeen geglo word nie, maar dit dien as 'n opgaarplek vir vetweefsel, terwyl water in die bloed geberg word. Die boggel/s stel kamele in staat om baie dae sonder kos of water te oorleef.

Die mens het die kameel etlike duisende jare gelede al mak gemaak. Die Dromedaris- en Baktriese kameel word steeds gebruik vir melk, vleis en as lasdier. Die Dromedaris Kameel kan hoofsaaklik in Noord-Afrika en Wes-Asië gevind word, terwyl die Baktriese kameel se habitat verder na die noorde en ooste van Sentraal-Asië is.

Hoewel daar vandag omtrent 13 miljoen Drommedaris Kamele bestaan, is die spesie feitlik uitgewis in die wilde natuur ; almal behalwe 'n handjievol is makgemaakte diere (hoofsaaklik in Soedan, Somalië, Indië en nabygeleë lande), asook Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Daar is 'n groot groep van omtrent 700 000 wilde kamele in Sentraal-Australië wat afstam van enkele kamele wat uit aanhouding ontsnap het gedurende die laat 19de eeu. Hierdie populasie groei teen nagenoeg 11% per jaar en die Suid-Australiese regering het onlangs besluit om die diere uit te dun deur gebruik te maak van skerpskutters uit helikopters, omdat die kamele te veel van die skaapboere se beperkte weiding gebruik.

Die Baktriese kameel was voorheen meer volop, maar tans is daar sowat 1,4 miljoen diere oor, meestal mak. Daar word beweer dat daar ongeveer 1 000 wilde Baktriese kamele in die Gobi-woestyn in Sentraal-Asië, asook klein getalle in Iran, Afganistan, Turkye en Rusland is.

'n Klein populasie ingevoerde Dromedaris- en Baktriese kamele het tot vroeg in die 20ste eeu in die suidweste van die Verenigde State oorleef. Hierdie diere, wat van Turkye ingevoer is, was deel van 'n proefneming van die "US Camel Corps" en is gebruik as trekdiere in myne. Hulle het ontsnap of is vrygelaat nadat die projek deur die mat geval het.

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]

Aantekeninge

[wysig | wysig bron]
Kameelagtiges
Afro-Asiatiese Kameelagtiges: Baktriese Kameel - Dromedaris
Suid-Amerikaanse Kameelagtiges: Alpakka - Guanaco - Llama - Vicuña
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Kameel
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?