For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Baktriese kameel.

Baktriese kameel

Baktriese Kameel
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Camelus
Spesie:
C. bactrianus
Binomiale naam
Camelus bactrianus
Die leefgebied van die Baktriese kameel

Die Baktriese kameel (Camelus bactrianus) is 'n groot gelyktonige hoefdier, inheems aan die steppe van Oos-Asië. Byna al die geskatte 1,4 miljoen Baktriese kamele wat vandag leef is makgemaakte diere, maar daar is steeds 'n beraamde 950 wilde Baktriese kamele in Noordwes-China en Mongolië. Hierdie diere is in Oktober 2002 op die lys van kritiek bedreigde spesies geplaas.[1]

Voorkoms en habitat

[wysig | wysig bron]

Baktriese kamele is meer as 2 meter hoog by die boggels en weeg meer as 725 kg. Hulle is herbivore wat gras, blare en graan vreet en in staat is om tot 120 liter water op 'n slag te kan drink. Hulle het 'n uiters taai bek wat hulle in staat stel om doring-agtige woestynplante te vreet.

Hulle is uitstekend toegerus om hulleself te beskerm teen die woestynhitte en sand, met wye, gekussingde voetsole en leeragtige gekussingde kneë en bors, neusgate wat oop en toe kan maak, ore wat uitgevoer is met beskermende hare en ruie oogwimpers met twee rye ooghare. 'n Dik pels en wol hou die dier warm gedurende die koue woestynnagte en dien as insulasie gedurende die daaglikse hitte.

Die dromedariskameel (Camelus dromedarius) is die enigste ander kameelspesie inheems aan die Saharawoestyn, maar wat vandag uitgestorwe is in die natuur. In vergelyking is die Baktriese kameel 'n bonkiger en 'n meer geharde dier, wat in staat is om van die skroeiende hitte van Noord-Iran tot die vriesende winters van Tibet te kan oorleef.[2] Die dromedaris is groter en vinniger, en met 'n ruiter kan dit vir baie ure 'n spoed van 12 tot 15 km/uur handhaaf, in vergelyking met die 2,5 km/uur van die Baktriese kameel.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Daar word vermoed dat die Baktriese kameel, onafhanklik van die Dromedaris, ongeveer 2500 v.C. moontlik in Noord-Iran of Suid-Wes Turkestan makgemaak is, en dat die Dromedaris ongeveer 4000 v.C. in Arabië makgemaak is.

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Die IUCN se rooilys van bedreigde spesies: Camelus bactrianus, deur J. Hare, 2002. In: IUCN 2006. Laaste besoek 12 April, 2007.
  2. Creature feature:Camels op die webwerf van die Australiese Uitsaai Korporasie

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Kameelagtiges
Afro-Asiatiese Kameelagtiges: Baktriese Kameel - Dromedaris
Suid-Amerikaanse Kameelagtiges: Alpakka - Guanaco - Llama - Vicuña
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Baktriese kameel
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?