For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Kaboel.

Kaboel

Kaboel
کابل
کابل

Kaart Vlag
Wapen
 Land Vlag van Afghanistan Afghanistan
 Provinsie Kaboel
 Koördinate 34°31′59″N 69°09′58″E / 34.53306°N 69.16611°O / 34.53306; 69.16611
 Gestig op 5de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 425 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 790 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2008) 2 850 000
 - Bevolkingsdigtheid 6 705/vk km
 Tydsone UTC +4:30
 Burgemeester Mohammad Yunus Noandesh

Kaboel (Persies: کابل, Pashto: کابل geromaniseerd: Kābəl; Dari: کابل, geromaniseerd: Kābol) is die hoofstad en grootste stad van Afghanistan, en grootste stad van Afghanistan, geleë in die oostelike gedeelte van die land. Dit is ook 'n munisipaliteit wat deel uitmaak van die groter provinsie Kaboel en in 22 distrikte verdeel is. Volgens beramings in 2020 is die bevolking van Kaboel 4,222 miljoen[1], wat al die belangrikste etniese groepe van Afghanistan insluit.[2] Kaboel, die enigste stad in Afghanistan met meer as 1 miljoen inwoners dien as sy politieke, kulturele en ekonomiese sentrum.[3] Kabul serves as its political, cultural and economical center.[4] Die vinnige verstedeliking het Kaboel die 75ste grootste stad ter wêreld gemaak.[5]

Kaboel is hoog in 'n nou vallei tussen die Hindoekoesj-berge geleë, met 'n hoogte van 1790 meter wat dit een van die hoogste hoofstede ter wêreld maak. Die stad is na bewering meer as 3 500 jaar oud, wat ten minste sedert die tyd van die Achaemenidiese Ryk genoem word. Dit is geleë op kruispad in Asië - ongeveer halfpad tussen Istanbul in die weste en Hanoi in die ooste - op 'n strategiese plek langs die handelsroetes van Suid- en Sentraal-Asië, en 'n belangrike plek vir die antieke Syroete.[6] Dit was deel van die Achaemenidiese Ryk, gevolg deur die Seleukidiese Ryk, Maurydinastie, Koesjane, Kaboel Shahi's, Saffarides, Samanides, Ghaznavids, Ghuriddinastie, Khwarazmdinastie, Qarlughids, Khaljidinastie, Timoeriede, Mogolryk en Hotaks, totdat dit uiteindelik deel geword het van die Durrani-ryk (ook bekend as die "Afghaanse Ryk") in 1747.[7] Kabul het in 1776 die hoofstad van Afghanistan geword, tydens die bewind van Timur Shah Durrani, die seun van Ahmad Shah Durrani.

In die vroeë 19de eeu het die Britte die stad beset, maar nadat hulle buitelandse betrekkinge aangegaan het, moes hulle alle magte uit Afghanistan onttrek. Die stad is in 1979 deur die Sowjetunie beset, maar ook hulle het dit laat vaar nadat die Geneefse ooreenkoms van 1988 onderteken is. 'n Burgeroorlog in die negentigerjare tussen verskillende rebellegroepe het 'n groot deel van die stad vernietig, wat tot baie slagoffers gelei het.[8] Sedert laat 2001 is die stad voortdurend herbou.[9]

Kaboel is bekend vir sy tuine, basaars en paleise,[10][11][12] bekende voorbeelde is die tuine van Babur en Darul Aman-paleis. Dit was voorheen ook 'n mekka vir jong westerse hippies.[13][14] Ondanks gereelde terroriste-aanvalle in die stad, hoofsaaklik deur opstandelinge van die Taliban, gaan die stad voort om te ontwikkel en was dit die vyfde vinnigste groeiende stad ter wêreld vanaf 2012.[15][16]

Verwysings

  1. "The World Factbook". CIA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2017. Besoek op 31 Maart 2020.
  2. "2003 National Geographic Population Map" (PDF). Thomas Gouttierre, Center For Afghanistan Studies, University of Nebraska at Omaha; Matthew S. Baker, Stratfor. National Geographic Society. November 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008. Besoek op 27 Junie 2010.
  3. http://worldpopulationreview.com/countries/afghanistan-population/cities/
  4. https://ethz.ch/content/dam/ethz/special-interest/gess/cis/center-for-securities-studies/resources/docs/USIP-pw126_kabul-and-the-challenge-of-dwindling-foreign-aid.pdf
  5. "Largest cities in the world and their mayors – 1 to 150". City Mayors. 17 Mei 2012. Besoek op 17 Augustus 2012.
  6. "Afghanistan: The Heart of Silk Road in Asia". thediplomat.com. Besoek op 26 November 2019.
  7. Nancy Hatch Dupree / Aḥmad ʻAlī Kuhzād (1972). "An Historical Guide to Kabul – The Story of Kabul". American International School of Kabul. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2010. Besoek op 18 September 2010.
  8. "History of Kabul". Lonely Planet. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019. Besoek op 27 Mei 2013.
  9. Bergen, Peter (4 Maart 2013). "What Went Right?". foreignpolicy.com. Besoek op 26 November 2019.
  10. Gopalakrishnan, Raju (16 April 2007). "Once called paradise, now Kabul struggles to cope". Reuters.
  11. Abdul Zuhoor Qayomi. "Kabul City: Isn't just capital of Afghanistan but of palaces as well - Afghanistan Times". Afghanistan Times.
  12. Sayed A Azimi. "Reversing Kabul's Environmental Setbacks". www.linkedin.com (in Engels).
  13. Dateline Mongolia: An American Journalist in Nomad's Land by Michael Kohn
  14. ""Mein Kabul": ORF-Reporterlegende Fritz Orter präsentiert im "Weltjournal" "seine Stadt" – am 31. August um 22.30 Uhr in ORF 2". OTS.at (in Duits).
  15. "World's fastest growing urban areas (1)". City Mayors. 17 Mei 2012. Besoek op 17 Augustus 2012.
  16. "Kabul: A City With 2 Faces". thediplomat.com. Besoek op 26 November 2019.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Kaboel
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?