For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Nechen.

Nechen

Die ligging van Hierakonpolis.
O47
n
niwt
Nechen
in hiërogliewe

Nechen, Nekhen of Hierakonpolis (Grieks: Ἱεράκων πόλις, hierakōn polis, "stad van valke"), was die godsdienstige en politieke hoofstad van Bo-Egipte aan die einde van die Voordinastiese Tydperk (3200-3100 v.C.) en moontlik die begin van die Vroegdinastiese Tydperk (3100-2686 v.C.). Sommige geleerdes meen dit kon duisende jare voorheen al bestaan het.

Horus-kultussentrum

[wysig | wysig bron]

Nechen was die sentrum van die kultus van die god Horus. Een van die oudste tempels in Antieke Egipte is hier gebou ter ere van hom en dit was ’n belangrike plek van aanbidding lank nadat die stad andersins sy belangrikheid verloor het.

Die oorspronklike nedersetting op die terrein dateer uit die Naqada I-kultuur van omstreeks 4400 v.C. of selfs vroeër. Op sy hoogtepunt vanaf omstreeks 3400 v.C. het Nechen minstens 5 000 en moontlik tot 10 000 inwoners gehad.

Opgrawings

[wysig | wysig bron]

Die ruïnes van die stad is oorspronklik teen die einde van die 19de eeu opgegrawe deur die Engelse argeoloë James E. Quibell en Frederick W. Green.

Een van die belangrikste artikels wat hier ontdek is, is die Narmer-palet van die eerste farao van die verenigde Egipte, Narmer. Hy was die eerste koning wat uitgebeeld is met die Pschent, die dubbele kroon van Bo- en Benede-Egipte. Die artistieke styl van die meeste voorwerpe dui egter daarop dat dit uit die Voordinastiese Tydperk dateer, soos nog ’n belangrike vonds, die Skerpioen-strydknots.[1] Dit beeld ’n koning uit wat bekend is as koning Skerpioen (vanweë sy ideogram vir ’n skerpioen) besig met waarskynlik ’n besproeiingsritueel.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Shaw, Ian. The Oxford History of Ancient Egypt. bl. 254. Oxford University Press, 2000.
  2. Gardiner, Alan. Egypt of the Pharaohs. bl. 403. Oxford University Press, 1961

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

25°5′50″N 32°46′46″O / 25.09722°N 32.77944°O / 25.09722; 32.77944

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Nechen
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?