For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Hengel.

Hengel

Hengel met 'n visstok.
'n Hengelaar spog met sy vangs.

Hengel is 'n metode van visvang met 'n hoek. Die hoek word gewoonlik aan 'n vislyn gebind en die lyn aan 'n visstok vasgemaak. Die visstok is meestal van 'n katrol voorsien wat gebruik word om die vislyn te stoor, uit te gooi en terug te katrol. Kunsaas of lokaas word aan die hoek geplaas vir die visse om aan te byt.

'n Dobbertjie (polisieman) word soms aan die lyn gebind om te sien as 'n vis byt. Wanneer die vis dan wel byt, moet die visstok vinnig en hard opgetel word (ook bekend as "kap" of "slaan"). Met laasgenoemde aksie word die skerp hoek in die vis se lip ingeforseer en daarna begin die hengelaar om die vis "moeg te speel" en hom in te trek wal toe.

Op hierdie stadium is die vis se enigste verweer teen die hengelaar om te hoop die hoek skeur los, of die lyn breek af nadat dit teen skerp onderwaterrotse geskuur het. In menige gevalle is 'n pas-gevange vis selfs deur 'n groter vis opgevreet of verskeur voordat dit aan wal gebring kon word.

Kunsaas

[wysig | wysig bron]
  • Lepel
  • Vlieg

Die kunsaas wat aan die lyn se punt vasgemaak is, word in die water gegooi met behulp van 'n katrol aan die stok, maar daarna nie laat sak tot op die bodem nie; dit word dadelik weer stadig in katrol. Die vorm (en voorkoms in die water) van die kunsaas bepaal of die vis wat gehengel word gaan belangstel om te byt of nie. Daar is letterlik duisende verskillende ontwerpe en materiale wat deur gesoute vissermanne gemaak en gebruik word tydens die hengelproses. Elke indiwidu glo egter syne is net die regte kombinasie van kleur, fatsoen en gewig om die truuk te doen waar hy vandag hengel.

Lewendige aas

[wysig | wysig bron]
  • 'n Heel sardyn (vasgewikkel met rekgaring),
  • viskop, of die sytjie van 'n aasvissie,
  • 'n verskeidenheid van rooiaas, garnale, alikreukels, siffies of mossels,
  • lewendige krap aan die hoek gesteek,
  • vars seekatpoot (vooraf skoongemaak van die dik vel met suiers op)

Verskillende hengelplekke

[wysig | wysig bron]

Varswaterhengel

[wysig | wysig bron]
  • Dam of rivier. Die hengelaar sit en vang langs die oewer.
  • Boot. Die voordeel hier is dat vis dieper in die bron bereik word, en die aas kan ook getrek word deur die water, terwyl die boot se motor stadig luier.
  • Vang en loslaat. Dit raak al hoe gewilder wêreldwyd, en het ten doel om skaars visbevolkings teen moontlike uitwissing te beskerm.
Seehengel in Europa
As die hengelaar hierdie instruksie sien, is daar geen uitweg nie!
Foto geneem langs 'n klein dam in Dikhololo Wildreservaat.

Seehengel

[wysig | wysig bron]
  • Diepseehengel, meestal vir sportvissoorte
  • Branderhengel vanaf 'n seestrand
  • Rotshengel. Sekere vissoorte, bv. elwe, byt slegs naby rotse, omdat dit hul natuurlike habitat is.

Hengelgerei

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Hengel
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?