For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Gugulethu.

Gugulethu

Gugulethu
Voorstad
Gugulethu is in Wes-Kaap
Gugulethu
Gugulethu
Koördinate: 33°59′00″S 18°34′00″O / 33.98333°S 18.56667°O / -33.98333; 18.56667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitStad Kaapstad
Oppervlak
 • Totaal6,49 km2 (2,51 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal98 468[1]
 • Digtheid15 000/km2 (40 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskodes
7750, 7752, 7756
Skakelkodes021

Gugulethu is 'n voorstad van Kaapstad, Suid-Afrika.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die naam Gugulethu is afgelei van die Xhosa woorde igugu lethu wat beteken ons trots. Gugulethu is in die 1960's gestig as gevolg van die oorbevolking van Langa. Gedurende die Apartheid-era is swart Suid-Afrikaners nie toegelaat om in die sogenaamde "blanke" areas te woon nie. Menige persone, wat as "anderskleurig" geklassifiseer is, is uit areas soos Distrik Ses na Gugulethu, Nyanga en Langa verwyder.

Vroeg op die oggend van 3 Maart 1986 is sewe jong mans in Gugulethu deur die polisie, gelei deur lede van die Vlakplaas-eenheid, doodgeskiet. Die sewe mans was almal lede van die African National Congress se gewapende eenheid Umkonto we Sizwe ("Spies van die nasie") en het in later jare as die Gugulethu-sewe bekendheid verwerf. Die Gugulethu-sewe-gedenkstene is op die plek waar die sewe gesterf het, op die hoek van NY1 en NY111 strate, in Gugulethu opgerig.

Mzoli's

[wysig | wysig bron]
Toeriste by Mzoli's in Gugulethu

Gugulethu is die tuiste van Mzoli's, wat in die aanlynensiklopedie Wikipedia beroemdheid verwerf het omdat Jimmy Wales, die stigter van Wikipedia se sambreel-organisasie, Wikimedia, 'n Wikipedia-artikel daaroor begin het wat deur gebruikers nie as belangrik genoeg beskou is nie en op die skraplys gesit is. Dit het by die Engelse Wikipedia tot 'n debat gelei oor watter artikels ingesluit moet word en watter nie. Daar is wyd uiteenlopende menings hieroor tussen die "skrappers" en "insluiters" by Wikipedia.

Misdaad

[wysig | wysig bron]

Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Gugulethu ontplooi om hoë vlakke van misdaad, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot dusver nog nie onder beheer kon bring nie, te takel.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Hoofplek Gugulethu 2011-sensus
  2. "South Africa is deploying the army to fight crime – here's how the murder rate compares to an actual war zone". BusinessTech (in Engels). 12 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019. Besoek op 12 Julie 2019.


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Gugulethu
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?