For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Gallia Narbonensis.

Gallia Narbonensis

Die Romeinse Ryk teen die jaar 120 n.C., met die provinsie Gallia Narbonensis
Gallië

Gallia Narbonensis was 'n Romeinse provinsie in die huidige gebied van Languedoc en Provence (Suid-Frankryk).

Die verowering van Gallia Narbonensis tussen 125 en 121 v.C. het aan die voorpunt van die latere Romeinse magsuitbreiding in Gallië onder Gaius Julius Caesar (58 tot 50 v.C.) en uiteindelik ook in dele van Germanië (onder Augustus) gestaan.

Die provinsie is in 121 v.C. onder sy oorspronklike naam Gallia Transalpina by die Romeinse Ryk ingelyf. Die Romeine het na die gebied meesal as Provincia Nostra ("Ons Provinsie") of Provincia verwys, 'n naam wat in die huidige Provence voortleef. Die naam Gallia Narbonensis is afgelei van die Romeinse kolonie Narbo Martius (die huidige Narbonne), wat in 118 v.C. aan die Mediterreense kus gestig is.

Aangesien dit onmiddellik aan Italië gegrens het, het die Romeine groot voordeel uit die beheer oor die gebied getrek. Dit het hulle in staat gestel om die belangrike handelroetes tussen Italië en die Iberiese skiereiland en tussen Gallië en die handelsentrum Massilia (die huidige Marseille) te kontroleer.

Daarnaas het die provinsie as 'n soort strategiese stootkussing teen die aanvalle van Galliese stamme en as 'n gewilde gebied vir die vestiging van Romeinse veterane gedien, wat hier plase van die Romeinse staat ontvang het. In die Republikeinse tydperk is die Romeinse kolonie Narbo (Narbonne), in die Caesariese tydperk Arelate (Arles), tydens die Triumviraat Arausio (Orange) en onder die heerskappy van Augustus Forum Iulii (Fréjus) en moontlik ook Valentia (Valence) gestig.

Die kolonies is deur stadsregerings met Romeinse instellings beheer, waarvoor veterane kandidaat gestaan het. Waarskynlik het ook 'n groot aantal Galliese adellikes in die gebied Romeinse burgerskap gekry en hulle in die nuwe kolonies gevestig.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Gallia Narbonensis
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?