For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Australiese tale.

Australiese tale

Die algemeenste tipologiese indeling van inheemse Australiese tale: Pama-Nyungan-tale (taankleur) en nie-Pama-Nyungan-tale (mosterd en grys)
Moedertaalsprekers van inheemse Australiese tale per persentasie en statistieke plaaslike gebiede volgens die 2011-sensus

Die inheemse Australiese tale bevat tussen 290 en 363 tale wat aan 'n geskatte 28 taalfamilies en geïsoleerde tale behoort, en deur Aborigines van die vastelandse Australië en 'n aantal nabygeleë eilande gebesig word. Die verwantskap tussen hierdie tale is vandag nie duidelik nie. Ondanks die onduidelikheid word die inheemse Australiese tale almal onder die sambreelterme "Australiese tale" of "Australiese taalfamilie" saamgevat.

Die term kan ook beide die Tasmaanse tale en die Westelike Straat van Torres-tale insluit, maar die genetiese verwantskap van die eersgenoemde met die vastelandse Australiese tale is onbekend, terwyl die laasgenoemdes aan die Pama-Nyungan-tale behoort, alhoewel dit gemeensame kenmerke met die aangrensende Papoeas se Oostelike Trans-Fly-tale, veral Meriam Mir, maar ook met die Austronesiese tale van die Papoease Skiereiland ("Voëlstert") deel. Die meeste van die inheemse Australiese tale behoort aan die Pama-Nyungan-tale, terwyl die oorblywende tale as "nie-Pama-Nyungan-tale"geklassifiseer word, wat 'n term van gemak is en nie 'n genealogiese verhouding impliseer nie.

In die laat 18de eeu was daar meer as 250 verskeie inheemse sosiale groeperings en 'n soortgelyke aantal tale of variëteite. Aan die begin van die 21ste eeu word minder as 150 inheemse Australiese tale in die alledaagse lewe gebruik, en met uitsondering van 13 tale, wat steeds aan kinders oorgedra word, is almal van uitsterwe bedreig. Die oorblywende tale word veral in die mees geïsoleerde gebiede gebesig. Van die vyf minder bedreigde Westelike Australiese tale behoort vier aan die Ngaanyatjarra-tale van die sentrale en Groot Victoriawoestyn.

Die Yolŋu-tale van die noordoostelike Arnhemland word tans ook deur kinders aangeleer. Tweetalige onderwys word in 'n aantal gemeenskappe suksesvol ingespan. Sewe van die mees gebruikte Australiese tale soos Warlpiri, Murrinh-patha en Tiwi het tussen 1 000 en 3 000 sprekers.[1] 'n Aantal inheemse gemeenskappe en taalkundiges ondersteun leerprogramme pleks van behoorlike herlewing van tale of net "na-omgangstaal onderhoud" (aanleer van enkele woorde en konsepte wat verband hou met die verlore taal vir inheemse Australiërs).

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "UNESCO Interactive Atlas of the World's Languages in Danger". Unesco. Besoek op 19 Augustus 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Australiese tale
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?