Ariarathes I (Grieks: Ἀριαράθης; 331 v.C. – 322 v.C.) was die eerste koning van Kappadosië. Hy was die seun van die Kappadosiese goewerneur, Ariamnes. Hy was bekend vir die liefde vir sy broer Holophernes, vir wie hy in 350 v.C. gestuur het om te help met die herowering van Egipte.
Nadat Alexander die Grote Kappadosië verower het, het hy ’n goewerneur daar aangestel, maar teen die tyd van Alexander se dood, het Ariarathes op die een of ander manier daarin geslaag om koning van Kappadosië te word. Hy was ’n intelligente koning en het selfs sy koninkryk tot by die Swartsee uitgebrei.
Ná Alexander se dood in 323 v.C. het Perdiccas vir Eumenes as goewerneur van Kappadosië aangestel. Toe Ariarathes weier om sy gesag te aanvaar, het Perdiccas oorlog teen hom verklaar. Ariarathes is in 322 v.C. verslaan, gevange geneem en saam met baie van sy familielede gekruisig. Eumenes het toe die mag in Kappadosië oorgeneem.
Ariarathes was 82 jaar oud toe hy dood is. Hy het sy latere opvolger, Ariarathes II, die oudste seun van Holophernes, aangeneem.
This browser is not supported by Wikiwand :( Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience. Please download and use one of the following browsers:
Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.
X
Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?
Oh no, there's been an error
Please help us solve this error by emailing us at support@wikiwand.com
Let us know what you've done that caused this error, what browser you're using, and whether you have any special extensions/add-ons installed.
Thank you!