For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Xenofobie.

Xenofobie

Xenofobie is 'n angs teenoor dinge wat vreemd of onbekend is, veral teenoor vreemdelinge. Die woord is afgelei vanaf die Griekse woorde kseenos/ξενος, wat vreemdeling beteken; en fobos/φοβος wat angs en vrees beteken. Die term word tipies gebruik om 'n vrees of angs teenoor buitelanders of mense wat anders is aan te dui.

Xenofobie kan soms gepaard gaan met rassisme en rassediskriminasie. In teenstelling met ander fobies lei xenofobie tot afwerende en selfs aggressiewe gedrag eerder as verminderingsgedrag of vlug.

Xenofobiese insidente

[wysig | wysig bron]

Japan

[wysig | wysig bron]

Japan het vanaf 1641 tot 1853 'n beleid van uitsluiting van buitelanders beoefen.

Suid-Afrika

[wysig | wysig bron]
'n Protesoptog teen xenofobie in April 2015 in Jeppestraat ("Klein-Ethiopië"), Johannesburg

Talle xenofobiese aanvalle is geloods op buitelanders in Suid-Afrikaanse townships in Mei 2008. Die aanvalle het begin in Alexandra, 'n arm voorstad van Johannesburg. Die invloei van buitelanders, veral die 2-4 miljoen Zimbabwers (ongeveer 'n kwart van Zimbabwe se bevolking), het tot hoë maatskaplike spanning gelei. Hierdie buitelanders kompeteer direk met die lokale bevolking om werk, kos en verblyf en hulle word ook geblameer vir baie voorvalle van misdaad. 42 buitelanders was volgens berugte vermoor in die aanvalle.[1] President Thabo Mbeki het die Suid-Afrikaanse Weermag ingeroep om verdere moorde op buitelanders te help voorkom. Xenofobiese geweld het ook na Du Noon in Milnerton, Wes-Kaap, versprei waar honderde buitelanders moes hardloop vir hulle lewens. Die moontlikheid bestaan dat aanvalle ook na Knysna kan uitbrei.[2] Hierdie gebeure het gelei tot 'n wêreldwye bespreking oor die veiligheid van besoekers aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 in Suid-Afrika.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Flames of hate". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2008. Besoek op 23 Mei 2008.
  2. "Mbeki calls in troops as South Africa mob deaths double". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2012. Besoek op 26 Julie 2012.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Xenofobie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?