Wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek
Wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek | ||||
Ekostreek | ||||
WWF-kode | AT1405 | |||
Lande | Suid-Afrika, Mosambiek | |||
Bioom | Wortelboommoeras | |||
Ekosone | Afrotropiese gebied | |||
Floraryk | Paleotropis | |||
Oppervlakte | 1 036 km² | |||
Beskerm | % | |||
Avicennia marina | ||||
|
Die Wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek vorm 'n klein ekostreek van die Afrotropiese gebied. Die streek bestaan uit party klein wortelboomgebiedjies in suidelike Mosambiek en die Suid-Afrikaanse provinsies KwaZulu-Natal en Oos-Kaap.
Verder noordwaarts, langs die kus van Mosambiek en Oos-Afrika lê die ekostreek wortelboommoerasse van Oos-Afrika (AT1402), wat groter en beter ontwikkel is. Die verskil is hoofsaaklik dat die suidelike wortelboommoerasse die enigste subtropiese wortelboommoerasse van Afrika vorm. Hulle is op hoër breedte geleë, maar die Agulhasstroom, wat kuslangs vloei, verwarm hul habitat.[1]
Op die voormalige Transkei se kus kom wortelbome in 17 riviermondings voor, maar hul totale oppervlakte beslaan slegs 0,17 km². Spesies soos Avicennia marina, Bruguiera gymnorrhiza en Rhizophora mucronata word daar aangetref. In die Mkozi-monding word ook die manglietvaring Acrostichum aureum L. aangetref.[2]
Galery
[wysig | wysig bron]-
Witseebasboom
A. marina – bloeisel -
Witseebasboom
A. marina – vrugkapsules -
Swartwortelboom
B. gymnorhiza – blom -
Swartwortelboom
B. gymnorrhiza – wortels -
Rooiwortelboom
R. mucronata – vrugte -
Manglietvaring
A. aureum – loof
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "WWF AT1405" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2019.
- ↑ "The distribution and state of mangroves along the coast of Transkei, Eastern Cape Province, South Africa,J. B. Adams, B. M. Collot, yG. C. Bate, Wetlands Ecology and Management, October 2004, Volume 12, Issue 5, pp 531–541".
Ekostreke van Suid-Afrika | |
---|---|
Tropiese of subtropiese reënwoud | AT0115 Woud van Knysna en die Amathole • AT0116 • AT0119 Kuswoud van Maputaland |
Tropiese of subtropiese grasveld, savanne en struikveld | |
Berggrasveld en -struikveld | AT1003 • AT1004 Berggrasveld, boomveld en woud van die Drakensberge • AT1009 Hoëveld • AT1012 Rivierklowe van Maputa- tot Pondoland |
Toendra | |
Mediterreense woud, bos- en struikveld | |
Woestyn en droë struikveld | |
Wortelboommoeras |
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.