For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Westdenedam-ramp.

Westdenedam-ramp

Die Westdenedam-ramp is 'n busongeluk wat op 27 Maart 1985[1] in Westdene, Johannesburg, Suid-Afrika plaasgevind het. Die bestuurder het beheer oor die bus verloor en deur die versperring om die dam gebars en in die dam beland. Die bus het skoliere van Hoërskool Vorentoe vervoer. Die ramp het die lewens van 42 kinders geëis. Die meeste van die kinders het waarskynlik verdrink, aangesien die impak van die botsing nie so groot was nie.

Ongeluk

[wysig | wysig bron]

Op 27 Maart 1985 omstreeks 13:30 het die bus wat die skoliere huis toe vervoer het, deur die damversperring gebars en in die dam ingery. Enkele oomblikke later het omstanders, onderwysers en medeskoliere soveel moontlik leerders probeer red totdat die nooddienste opgedaag het. Die oorlewende kinders is almal na die JG Strydom-hospitaal (nou die Helen Joseph-hospitaal)[2] geneem vir behandeling.

Ondersoek

[wysig | wysig bron]

Daar was geen ander voertuie in die ongeluk betrokke nie. Die bestuurder, Willem Horne, kon nie onthou wat gebeur het nie aangesien hy kort voor die ongeluk sy bewussyn verloor het. Die ondersoek het getoon dat geen misdaad vermoed word nie en dat die bestuurder nie onder die invloed of nalatig was nie en is gevolglik vrygespreek.

Sterftes

[wysig | wysig bron]

Die volgende kinders het hul lewe in die ramp verloor:[3]

  • Blignaut, Anna
  • Botha, Anne-Lize
  • Botha, Henrietta
  • Bruin, Caroline
  • Coetzee, Denise
  • Dreyer, Hendrik
  • Du Plooy, Linda
  • Du Plooy, Reinette
  • Du Toit, Francois
  • Els, Jacobus
  • Erasmus, Karen
  • Fritz, Francina
  • Horing, Adriana
  • Hurwitz, Jacqueline
  • Jacobs, Anel
  • Jooste, Lelanie
  • Kleinhans, Adre
  • Koen, Petrus
  • Kruger, Clasina
  • Kruger, Maria
  • Lira, Riaan

  • Ludick, Madeleine
  • Mans, Cornelius
  • Marshall, Elmarie
  • Marx, Conrad
  • McLaughlin, Belinda
  • Meyer, Catharina
  • Myl, Mary-Ann
  • Morris, Anna
  • Ouwenkamp, Albertus
  • Pieters, Tanya
  • Pretorius, Connie
  • Pretorius, Elizabeth
  • Rautenbach, Thelma
  • Reynders, Hester
  • Strydom, Charl
  • Swanepoel, Vinette
  • Swart, Andries
  • Van der Westhuizen, Petrus
  • Van Heerden, Elsa
  • Van Tonder, Anna
  • Venter, Deon

*Die Du Plooy-familie het hul twee dogters in die ramp verloor: Reinette en Linda. Pieter Koen het 5 medeskoliere gered, maar het self verdrink terwyl hy besig was om 'n sesde slagoffer te help. Vyf-en-dertig kinders is in die Westparkbegraafplaas begrawe.

Toekennings vir dapperheid

[wysig | wysig bron]

Pieter Koen en Danie Theron is albei die Woltemadedekorasie vir Dapperheid-Silver toegeken vir hulle optrede tydens die ramp.[4] Danie Theron het in 1989, vier jaar na die ongeluk, sy eie lewe geneem.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "SOUTH AFRICAN CRASH KILLS 41 JOHANNESBURG, March 27 (UPI)" (in Engels). 28 Maart 1985. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 19 Februarie 2010.
  2. Davie, Lucille (24 Maart 2005). "The day the bus went into the Westdene dam" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 19 Februarie 2010.
  3. "Westdene Bus Disaster". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2010. Besoek op 19 Februarie 2010.
  4. "The Survivors". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2015. Besoek op 29 Julie 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

26°10′45″S 27°59′28″E / 26.17917°S 27.99111°O / -26.17917; 27.99111

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Westdenedam-ramp
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?